• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 12

September 2013

Deel 12: Kankerroos
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring
 

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

Wetenskaplike naam: Xanthium strumarium
Afrikaanse naam: Kankerroos
Engelse naam: Cocklebur

image image

Kort beskrywing

Kankerroos is donkergroen, halfkruidagtige plante wat tot 1,5 m hoog kan groei, waarvan veral die saailinge giftig is.

Volwasse plante het ‘n diep, stewige penwortel en stingels vertoon rooi-bruin. Op die stingels is ook kenmerkende rooi kolletjies, wat aan stingels ‘n growwe voorkoms gee. Blare is enkelvoudig en hartvormig met gekartelde rante.

Saad word in kenmerkende bruin dopvrugte gedra wat okselstandig is. Die dopvrugte het twee “horings” op die kroon en is oortrek met haakvormige stekels wat baie maklik aan klere en die velle van diere kan vassit. Daar is twee ovaalvormige sade in die dopvrug waarvan een kenmerkend kleiner is.

Verspreiding

Kankerroos is bekend vir sy sterk kompeterende effek op verskeie eenjarige gewasse. Weens die grootte van die saad, is dit ‘n diep ontkiemer en kan dit ook dormant in grond lê. Dit word slegs deur saad versprei en is wyd versprei deur Suid-Afrika.

Beheer

Bewerking
Vlak grondbewerking na op koms van saailinge kan effektiewe beheer verskaf.

Chemies
Alhoewel ‘n hele aantal voor-opkoms onkruiddoders geregistreer is vir die beheer van kankerroos in mielies en koring, is beheer wisselvallig. Na-opkoms onkruiddoders gee meer effektiewe beheer. Effektiwiteit van onkruiddoders neem egter af hoe groter die plante word en tyd van toediening is van kritieke belang. Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk se etiket.

Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

image image

image

 

Publication: September 2013

Section: Input Overview

Search