• Login
  • Search Icon

Ken jou onkruiddoder: Deel 10

July 2013

Deel 10: Skraalhans (Fleabane)
 

image

Beheer van onkruide in mielies en koring
 

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE EN HESTIA NIENABER, LNR-KLEINGRAAN INSTITUUT

Wetenskaplike naam: Conyza spp.
Afrikaanse naam: Conyza bonariensis: Kleinskraalhans, armoedskruid
Conyza canadensis: Kanadese skraalhans, armoedskruid
Conyza sumatrensis: Vaalskraalhans
Engelse naam: Conyza bonariensis: Flax-leaf fleabane
Conyza canadensis: Horseweed fleabane, fleabane
Conyza sumatrensis: Tall fleabane

image image

Kort beskrywing

Kleinskraalhans groei tot omtrent 1,2 m hoog en het laterale takke wat langer is as die hoofstam. Blare is skerp getand en dofgroen van kleur met fyn haartjies aan die bo- en onderkant van die blare. Wit blomhofies kom op die punte van die hoof- en sytakke voor en die saadpluis is vuilwit of ligroos.

Kanadese skraalhans is relatief kort in vergelyking met ander Conyza spp., het kleiner wit blomme, en stingels is slegs vertak aan die bokantvan die plant. Blare is fyn getand, vertoon meer geelgroen en is minder harig.

Vaalskraalhans groei tot oor die 2 m hoog en het nooit sytakke wat langer is as die hoofstam nie. Hierdie spesie se blomhofies is ook wit en kom in groot eindstandige pluime voor. Die saadpluis is strooikleurig. Al die Conyza spp. is halfhoutagtig met stewige penwortelstelsels en kom meestal saam voor.

Verspreiding

Hierdie winteronkruid is wydverspreid dwarsdeur Suider-Afrika. Dit is kleinsadig en ‘n vlak ontkiemer.

Beheer

Bewerking
Dit word goed beheer deur vlak bewerking en is gewoonlik nie ‘n probleem-onkruid waar konvensionele bewerking toegepas word nie. Skraalhanse is egter ‘n ernstige probleem waar minimum- of geenbewerking toegepas word.

Chemies
Hierdie onkruid kan met na-(gewas)opkoms breëblaar-onkruiddoders beheer word. Voor-(gewas)opkoms onkruiddoders kan ook gebruik word voor dit in die rosetstadium kom.

Verskeie onkruiddoders is geregistreer vir die beheer van skraalhans in mielies en koring (Tabel 1 en Tabel 2). Effektiwiteit van onkruiddoders neem af hoe groter die skraalhanse word en produsente moet poog om dit te beheer voor dit blom en saad stort. Tyd van toediening is van kritieke belang, maar dikwels is die gewas nog nie klaar geoes wanneer Conyza spp. se groeistadium ideaal is om te spuit nie. Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk se etiket vir spesifieke aanwysings ten opsigte van die onderskeie Conyza spp.

Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

image

image

image

Publication: July 2013

Section: Input Overview

Search