• Login
  • Search Icon

Kalfprestasie wat lei tot wins

March 2016

BARRY VAN HOUTEN, Zoetis

Verbetering in wetenskap het ‘n merkbare verandering op die groei en doeltreffendheid van beeste gehad, met insetkoste wat verlaag soos tegnologie verbeter.

Groeistimulante word al vir die afgelope 40 jaar in beesproduksiesisteme wêreldwyd gebruik en het bewys dat dit uiters winsgewend is. ‘n Opbrengs van soveel soos 18:1 kan verkry word wanneer Zoetis se produk in kalwers wat nog soog, gebruik word. Die produk waarna verwys word, is Zoetis se nuwe groei-inplantaat, Synovex® C (Reg. Nr. G1402 [Wet 36/1947]), spesifiek vir kalwers ouer as 45 dae. Studies in die VSA in 42 verskillende areas en 7 000 kalwers in totaal het bewys dat behandelde kalwers gemiddeld 8,6 kg meer as kontrole-kalwers met speen weeg.

Inplanting pas maklik in by die bestuursprogram saam met horings brand en die insit van oorplaatjies – en ‘n toekomstige opbrengs wat dit die moeite werd maak. Goeie kwaliteit en kwantiteit voeding of byvoeding moet ten alle tye beskikbaar wees vir die koeie wat behandelde kalwers soog. Só word daar verseker dat die kalf optimale hoeveelhede voedingstowwe inneem om optimaal te groei. Groeistimulante kan nie groei bewerkstellig sonder inname van die nodige voedingsboustene nie.

Dectomax® (Reg. Nr. G1726 [Wet 36/1947]) is ‘n Zoetis bloubloedproduk en top-ekto- en endoparasietverkoper vir die afgelope 13 jaar en het al deur die jare bewys dat die beheer van endo- en ektoparasiete verbeterde groei in kalwers voor speen oplewer. Insluiting van Dectomax in jou bestuursprogram verseker beter gewigstoename en resultate waarop jy kan staatmaak.

Synovex C is veilig om te gebruik in vervangingsverse. Verse wat op ‘n jong ouderdom geïdentifiseer kan word as vervangingsverse, moenie behandel word nie omdat jy nie gaan baat by die ekstra gewigstoename nie.

Verse wat op ‘n latere stadium geklas word, kan nog steeds op 45 dae behandel word. Verse bestem vir teeldoeleindes mag net een in plantaat op 45 dae ontvang en moet toegang tot goeie voe - ding hê. Menige veiligheidstudies het bevind dat die produk veilig vir gebruik in vervangingsverse is, met slegs paar studies wat baie klein negatiewe reproduksiewaardes getoon het – waar dit nie aan die inplantaat toegeskryf kon word nie.

‘n Kombinasie van die bogemelde produkte komplementeer mekaar ten opsigte van meer effektiewe voeromset en gewigstoename – wat meer wins tot gevolg het.

Kontak jou Zoetis-verteenwoordiger of outeur vir meer inligting oor die produkte en ander bloubloed-Zoetisprodukte. Konsulteer altyd jou veearts.

Bronne

Lawrence, JD and Ibarburu, MA. 2007. Economic analysis of pharmaceutical technologies in modern beef production. Iowa State University. Available at sustainablebeef.org/_assets/SBRC-Economic- Analysis-2005-Prices.pdf. Accessed July 11, 2011.

Publication: March 2016

Section: Focus on

Search