• Login
  • Search Icon

Is kontantmarkpryse in Suid-Afrika deursigtig?

July 2010

WESSEL LEMMER, SENIOR EKONOOM: MARK NAVORSING, GRAAN SA EN BARRETT SCHOEMAN, EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Tydens prof Matthew Roberts van die Ohio State Universiteit se besoek aan Suid-Afrika vroeg in 2009, was dit vir hom duidelik dat kontantmarkpryse in Suid-Afrika nie deursigtig is nie. In lande soos die VSA en Kanada word die bekendmaking van hierdie belangrike inligting statutêr afgedwing. Kontantmarkprysinligting word nie in Suid-Afrika gepubliseer nie.

In hierdie artikel fokus ons op die aanbevelings komende uit twee ondersoeke, die voordele van ‘n deursigtige kontantmark, Graan SA se Kontantmarkprysinligtingsprojek en die JSE se bydrae om deursigtigheid te verbeter.

Die voordele van ‘n deursigtige kontantmark
Die NLBR het in 2008 hul bevindings oor die funksionering van die landboutermynmark bekend gestel. Die studie was op versoek van Graan SA voltooi en het onder meer aanbeveel dat die liggingsdifferensiaalstelsel ondersoek moet word. Prof Roberts was hierby betrokke en het bevind dat die ligginsdifferensiaalstelsel goed funksioneer en in plek moet bly.

Dit het egter uit die ondersoek oor die liggingsdifferensiaalstelsel duidelik geblyk dat die gebrek aan deursigtigheid in die kontantmark en die teenwoordigheid van markkrag merkwaardig is. Die beperkte deursigtigheid in die Suid-Afrikaanse kontantgraanhandel was duidelik. Die prysaanbiedinge vir graan geskied meestal telefonies en word op geen wyse vrygestel en gepubliseer nie. Suid-Afrikaanse produsente is dus onvoldoende ingelig oor die heersende pryse in die kontantmark. Hierdie gebrek aan deursigtigheid vertroebel die ekonomiese prysseine van die kontantmark, dit beïnvloed produsente se besluite en verlaag sodoende landboudoeltreffendheid. ‘n Gebrek aan deursigtigheid benadeel regverdige prysmaking en verbloem die bestaan van premies in die kontantmark en het gevolglik ‘n impak op graanproduksie en -handel in Suid-Afrika. Bykomend speel die konsentrasie van kopers ‘n groot rol in die Suid-Afrikaanse graanhandel.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jul10_Pryse%20deursigtig.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2010

Section: Wenartikels

Search