• Login
  • Search Icon

Inset-oorsig

March 2015
image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

Wintergraan- en kanolasaadpryse vir 2015

Saad as produksie-inset vir wintergraanproduksie is nie noodwendig produsente se duurste inset nie, maar dit kan wel moontlik jou belangrikste inset wees. Die koringbedryf in Suid-Afrika is onder druk. Hektare onder koring, veral in die noorde van die land, is besig om te kwyn en veral nuwe, hoë-opbrengskultivars is nodig om die bedryf ‘n hupstoot te gee.

Dit is kritiek belangrik om die regte koringkultivar te kies wat produksierisiko by koring tot ‘n minimum sal beperk. In die artikel word die jongste saadpryse in die mark beskikbaar met produsente gedeel. Dit is opvallend hoe min nuwe kultivars in totaal die mark betree.

Saadpryse

Graan SA het ‘n verskeidenheid van saad- en landboumaatskappye genader om hul wintergraanpryslyste vir die 2015-seisoen in die SA Graan/Grain te publiseer (Tabel 1 tot Tabel 6). Daar is egter een of twee saadmaatskappye wat ten tye van die publisering van hierdie artikel nog nie hul koringsaadpryse bekend kon maak nie. Koringsaadpryse (van dié wat beskikbaar is) het sedert verlede jaar weinig verander. Vir die noordelike produksiegebiede is saadpryse dieselfde as verlede jaar, terwyl pryse in die Wes-Kaap met tussen 2,58% en 5% toegeneem het. Die inligting in die tabelle neem nie kortings vir vroeë bestellings en grootmaataankope in aanmerking nie. Dit is belangrik om navrae by die saadmaatskappye self te doen om te verseker dat die beste moontlike prys beding word.

image

image

image

image

 

image

image

 

Kultivarkeuse

Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word met die uitoefening van kultivarkeuses, is die volgende:

  • Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van agronomiese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal en gradering te versprei.
  • Moenie ‘n staatmakerkultivar summier met ‘n nuwe en onbekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende kultivar eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan persoonlike vereistes voldoen.
  • Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se handleidings vir wintergraanverbouing en verseker dat die kultivar onafhanklik geëvalueer en volgens eienskappe wat op die plaas belangrik is, presteer. Sien ook die los invoegsel in hierdie uit gawe van SA Graan/Grain waarin die resultate van die Nasionale Kultivarevalueringsprogram deur die LNR-KGI gepubliseer is.
  • Raadpleeg die betrokke kundiges indien inligting ontbreek of onsekerheid bestaan. Waak daarteen om ‘n ongetoetste kultivar aan te plant.

Publication: March 2015

Section: Focus on

Search