September 2014

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
 Die BTW-wet laat toe dat sekere  landbou-insette teen 'n BTW-nulkoers aangekoop kan word. Hierdie konsessie is in  1991 ingestel om kon tant vloeiverligting vir die landboubedryf te bied.
   Die BTW-wet laat toe dat sekere  landbou-insette teen 'n BTW-nulkoers aangekoop kan word. Hierdie konsessie is in  1991 ingestel om kon tant vloeiverligting vir die landboubedryf te bied.
Insette wat tans hierdie voordeel geniet, sluit in:
Hierdie insette kan tans teen ‘n nulkoers aan primêre produsente verskaf word wat vir BTW geregistreer is. In terme van kontantvloei, is hierdie dus ‘n bewese voordeel vir produsente.
Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het egter aan die lig gebring dat daar bewyse is wat voorstel dat grootskaalse bedrog in hierdie insetbelastingsisteem plaasvind. Dit het Tesourie en die SAID genoop om die nulkoerssisteem op insette te hersien.
Op 12 Mei vanjaar het die twee partye belanghebbendes in die landboubedryf ingelig oor die bedrog wat in die sisteem plaasvind en dat hulle wil voorstel dat die nulkoerskonsessie vervang word met BTW op insette teen standaardkoerse.
Wat beteken die wegneem van die BTW-nulkoers in praktyk?
Produsente  gaan nou bogenoemde insette BTW-draend moet aankoop. Dit wil sê 14% meer daarvoor  betaal.
Die BTW gaan weliswaar teruggeëis kan word, maar dit is hier waar die koste vir die produsent inkom – inaggenome die tydperk wat dit neem vanaf die aankoop van die insetmiddel totdat die BTW suksesvol vanaf die SAID teruggeëis word.
Hierdie ekstra rentekoste en/of geleentheidskoste gaan dus vir die produsent se rekening wees. Dit gaan ook behels dat produsente vir 14% meer finansiering op produksielenings moet aansoek doen.
Die pad vorentoe
Tesourie  en die SAID het georganiseerde landbou ná 12 Mei kans gegee om hulle voorstel by  hul lede te gaan toets en dan kommentaar daarop te lewer. Kommentaar vanaf georganiseerde  landboustrukture is aan Tesourie en die SAID gestuur wat redes aanvoer vir die  behoud van die BTW-nulkoersvoordeel en daar is ook voorstelle gemaak oor hoe  BTW bedrog bekamp kan word.
Verdere konsultasie is met die twee partye aangevra en daar is weer met hulle op 28 Julie vanjaar vergader.
Nieteenstaande  al die kommentaar is die SAID en Tesourie se voorstel om weg te doen met BTW-nulkoerse  op insette, vir publieke kommentaar op 17 Julie vanjaar in die Konsep Belasting  Wysigingswetsontwerp gepubliseer.
Ná ‘n  omvangryke poging van konsultasie met alle rolspelers om moontlike negatiewe impakte  van hierdie veranderinge vir die SAID en Tesourie uit te wys, het die meeste individuele  rolspelers in georganiseerde landbou weer teen 17 Augustus vanjaar kommentaar ingedien  vir die behoud van hierdie voordeel.
Hierna volg die parlementêre prosesse waar staande komitees publieke verhore oor voorgestelde veranderinge gaan hou.
Wees verseker dat georganiseerde landbou (soos Agri SA, Graan SA en Aartappel SA) alles in hulle vermoë doen om hierdie voordeel vir hulle lede te behou.
Publication: September 2014
Section: On farm level