• Login
  • Search Icon

Inset-oorsig

August 2014

image

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

Diesel het die afgelope vyf jaar gemiddeld 15% tot 'n graan- en oliesadeprodusent se lopende produksiekoste bygedra. Gedurende hierdie vyfjaar-tydperk het die groothandelsprys van diesel vanaf ‘n laagtepunt van R6,86 per liter in Julie 2009 tot die rekord tot nou toe van R13,39 per liter in Maart 2014 gewissel. Die dieselprys het vanaf Julie 2009 tot Julie 2014 met 88% toegeneem.

‘n Mens kan jouself net indink wat die koste-implikasie van só 'n styging is, van ‘n komponent wat 15% van jou lopende koste beslaan.

imageFaktore wat die dieselprys beïnvloed

Plaaslike brandstofpryse word tot op groothandelsvlak gereguleer. Met ander woorde: Dit word deur ‘n sekere formule op 'n maandelikse basis deur die regering vasgestel. Dit is basies 'n invoerpariteitsprysberekening wat op grond van internasionale brandstofprodukpryse bereken word. Daar is drie faktore wat hoofsaaklik ‘n rol speel in die berekening van die plaaslike dieselprys, naamlik internasionale brandstofprodukpryse (afgelei van die ruolieprys), die waarde van die wisselkoers en plaaslike belastings en heffings op diesel.

‘n Uiteensetting van hoe die plaaslike groothandelsprys bereken word, word in Tabel 1 aangetoon, terwyl die bydrae wat elke koste tot die dieselprys het, in Grafiek 1 aangedui word.

image


Ruolieprys


Die ruolieprys het in dollarwaarde oor ‘n vyfjaar-tydperk vanaf Junie 2009 tot Junie 2014 met 63% vanaf ,58 per liter tot 1,96 per liter toegeneem.

Wisselkoers

Die rand/dollar-wisselkoers het oor hierdie vyfjaar-periode met 33% vanaf R8,03 tot R10,69 verswak.

Plaaslike brandstofbelastings en -heffings

Belastings, heffings en marges in die groothandelsprys van diesel het oor ‘n vyfjaar-tydperk vanaf R2,74 per liter na
R4,41 per liter toegeneem. Dit is ‘n styging van 61%.

Ontleding

Uit hierdie vyfjaar-analise van die plaaslike groothandelsprys van diesel, is dit duidelik dat die styging in die ruolieprys (63%) en die stygings in belastings en heffings (61%) die grootste impak op stygende plaaslike dieselpryse gehad het.

Wanneer na jaar-tot-jaar-veranderings gekyk word, is gesien dat die groothandelsprys van diesel met 6,18% toegeneem het. Tydens hierdie periode het die ruolieprys met 8% toegeneem, die wisselkoers met 6% verswak en belastings en heffings met 5% toegeneem.

Grafiek 2 toon aan wat met die ruolieprys in dollarterme en die groothandelsprys van diesel in Gauteng sedert 2000 gebeur het. In die grafiek word twee pieke in die plaaslike dieselprys uitgewys. Een in Julie 2008 en die ander een in
Maart 2014. Die eerste piek in die dieselprys kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die rekordvlakke van die ruolieprys
van 4 per vat (gemiddeld vir die maand) wat in Julie 2008 bereik is.

image

Gelukkig was die rand op daardie stadium sterk op R7,61 teenoor die dollar.

Die tweede piek dui die rekordprys aan wat tot dusver vir dieselpryse in Suid-Afrika bereik is. Die verskil in hierdie piek teenoor die een in 2008 is dat die wisselkoers (R10,69 teenoor die dollar) ‘n baie groter rol gespeel het en dus as gevolg van ‘n kombinasie van hierdie faktore veroorsaak is.

Waarheen met dieselpryse?

Dit is duidelik dat dieselpryse deur die ruolieprys, wisselkoerse en belasting en heffings bepaal word. Dit is deesdae ‘n gegewe dat belastings en heffings jaarliks toeneem – April jaarliks.

Die ruolieprys het die afgelope twee jaar redelik sywaarts beweeg en die verwagting is dat hierdie tendens behoort voort te gaan (sou die politieke situasie in die Midde-Ooste nie versleg nie). Meeste finansiële instellings verwag verder dat die rand stabiel behoort te bly in die derde kwartaal en selfs kan versterk in die vierde. Dit kan beteken dat ons dieselpryse later in die jaar op dieselfde vlakke kan bly en trouens bietjie kan daal.

Publication: August 2014

Section: On farm level

Search