• Login
  • Search Icon

Insekbeheer op koring in die Wes-Kaap: Kan ek vooraf beplan daarvoor?

February 2011

DR GODDY PRINSLOO, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT

Koringplanttyd is al weer om die draai. Produsente in die Wes-Kaap maak weer hulle somme en beplan wat hulle in die komende koringseisoen gaan doen.

Die belangrikste vrae waaroor kop gekrap en besluit word, is gewoonlik: Watter kultivars gaan ek plant? Hoeveel hektaar gaan ek plant? Watter onkruiddoders gaan ek gebruik? Hoeveel gaan dit my kos? Hierdie is met reg die belangrikste vrae wat heel eerste beantwoord moet word. Maar wat van plaagbeheer? Kan ek daarvoor beplan?

Beplan jy vir plaagbeheer?
Dit is belangrik om voorsiening vir moontlike plaagbeheer in jou produksiebegroting te maak, maar dit is nie te sê dat jy dit noodwendig gaan gebruik nie. Kom ons stel eers vas watter plae vir ons moontlik probleme kan veroorsaak.

Slakke en isopoda
Hoewel hulle nie insekte is nie, is slakke (Foto 1a) en isopoda (Foto 1b) deesdae bekend as sporadiese plae van koring en gars in die Wes-Kaap – veral aan die begin van die seisoen.

Beide slakke en isopoda is veral plae op kanola, waar hulle in getalle kan vermeerder  en as bron van besmetting vir daaropvolgende seisoene se koring, gars en kanola kan dien.

Volgens dr Geoff Tribe van die LNRNavorsingsinsituut vir Plantbeskerming is dit veral saailinge wat gevreet word en ‘n verlies in stand van tot 4% in koring- en garslande kan veroorsaak word waar hulle voorkom.

Die beste beheer word verkry deur ‘n eenmalige toediening van 8 kg slakpille (wat 30 g/kg methaldehied + 20 g/kg karbaril bevat) per hektaar tydens plant. As jy dus bewus is van so ‘n probleem op jou landerye, kan jy vir die beheer van hierdie plaag beplan en begroot.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Feb%2011_Insekbeheer.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: February 2011

Section: Wenartikels

Search