• Login
  • Search Icon

Informele gesprekke ná vergadering lei tot daadwerklike aksie

November 2013

image

HANS VAN DER BERG, LEDEBEMARKING- EN -KOMMUNIKASIEBEAMPTE, GRAAN SA

Tydens Graan SA se streeksvergadering op 10 September op Hoopstad, het mnr Louw Steytler (voorsitter van Graan SA) ‘n beroep op produsente gedoen om nie alleen betrokke te raak by georganiseerde landbou nie, maar op alle terreine binne hul plaaslike gemeenskap. Hierdie oproep het beslis nie op dowe ore geval nie, want tydens die informele gesprekke ná die vergadering, het ‘n inisiatief na vore gekom wat binne ‘n week gerealiseer het. Met verwysing na die droogte wat ondervind word en die gebrek aan voldoende weiding, het mnr Herman Meiring van Bultfontein aan medeprodusente vertel van die inisiatief wat hulle in Bultfontein geneem het, deur voer aan informele produsente te verskaf vir hul diere in die munisipale gebied.

Hierdie gedagte het spontaan byval gevind en Abraham Barnard (voorsitter van Hoopstad-Suid Boerevereniging) het dadelik begin organiseer vir ‘n soortgelyke aksie en hierdie besluit is ‘n week later tot uitvoer gebring.

image

image

image

image

image

Publication: November 2013

Section: Other Articles

Search