• Login
  • Search Icon

Hulle laat diep spore agter

September 2013

JOHAN SMIT, SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

‘n Handvol Graan SA-hoofbestuurslede wat tydens die afgelope Kongres uitgetree het, is tydens ‘n geselligheid op NAMPO Park vereer. Dié uitgetrede graanmanne en hul gades is met opregte landbougasvryheid op 30 Julie op NAMPO Park getrakteer.

“Die mense wat ons vanaand vereer, het elkeen ‘n groot rol gespeel, nie slegs in die organisasie nie, maar ook vir die toekoms van landbou,” het mnr Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, gesê en hulle en hul gades bedank vir hul passie en opofferings.

Die uitgetrede hoofbestuurslede van wie afskeid geneem is, is mnre Frans Potgieter, Schalk Stapelberg, William Matasane en Tertius de Jager.

Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder, het die organisasie se Erkenning vir uitnemendheid-toekenning aan dienende hoofbestuurslede aangekondig. Die toekenning word gemaak aan iemand wat diep spore in die organisasie trap; wat karakter toon en wat die personeel met sy bydrae inspireer. Mnre Anton Botha, Willie Linde en Cobus van Coller deel vanjaar hierdie toekenning.

image

image

image

Publication: September 2013

Section: Other Articles

Search