September 2014
PEET VAN DER WALT, advertensiebestuurder, Pannar Saad
Pannar Saad is daartoe verbind om produsente met eersteklasprodukte en -kundigheid te ondersteun. Die maatskappy streef daarna om pasmaatadvies en -diens deur hul span ervare verkoopsverteenwoordigers en landboukundiges te lewer. Deur die integrasie van topprodukte en innoverende gewasvoorsorg en -nasorg, bied Pannar ‘n volledige risikobestuurspakket aan gewasprodusente.
Gewassiekte-sakgidse  (Bakkie Buddies)
    
  Pannar se voortreflike mielie- en  sonneblomsiekte diagnostiese veldgidse is in ‘n handige sakgrootte beskikbaar.  Dit sal ook in die toekoms uitgebrei word na ‘n sojaboon-, koring-, sorghum- en  droëboonsakgids. Dit is ideaal vir die identifikasie van die belangrikste siektes  by dié gewasse. 
Die sakgidse behandel al die belangrike en bekende siektes asook sommige peste en afwykings by ons reeks agronomiese gewasse in Suid-Afrika. Dit bevat kleurfoto’s wat probleme duidelik illustreer, verskaf inligting oor siektes se veroorsakende organisme (of die oorsaak van afwykings), beskryf kortliks simptome van die probleem en verskaf algemene notas oor elke onderwerp. Die meeste daarvan is gekies op grond van hul ekonomiese belangrikheid vir die bedryf.
Die gewassiekte-sakgidse is saamgestel deur die plantpatologiespan van Pannar Saad, waaronder dr Rikus Kloppers en me Vicky Knight, in samewerking met verskeie plaaslike en internasionale gewasspesialiste.
Mieliesiekte-feiteblaaie
    
  Volledige mieliesiekte-feiteblaaie is  op Pannar se webtuiste beskikbaar. Dit konsentreer sterk op Suider-Afrika en  verwys dikwels na plaaslike gevallestudies van siektes wat oor die afgelope  dekade voorgekom het.
Dit wys ook siektes en plae wat nog nie hier voorkom nie, maar waarvoor produsente op die uitkyk moet wees. Dit sluit aspekte in soos nuwe bekampingsmaatreëls, weerstandbiedendheid teen siektes en landbouchemiese aanbevelings.
Kry joune
    
  Die gewassiekte-sakgidse is op Pannar se  webtuiste (www.pannar.co.za) onder “Produkte” in die produksiestreek  asook op www.landbou.com/hulpmiddels beskikbaar.
Die Pannar Graangewassiekte-toepassing is gratis beskikbaar van die Apple App Store, Google Play Store (vir Androïed-toestelle) of BlackBerry App World. Soek vir Pannar of volg die skakel vanaf die mobi site www.pannar.mobi.
Publication: September 2014
Section: Focus on