• Login
  • Search Icon

Hoop, vreugde en dankbaarheid

December 2018

Die jaar 2018 was vir my vol pyn. Dit was ’n uiters intense en emosionele jaar. Daar was die pyn van lae graanpryse en finansiële lewensvatbaarheid. Dan was daar die emosies van onveilig voel op jou eie plaas en die magtelose gevoel wat die beskerming van ons geliefdes betref. 

Die debatte oor grondhervorming het diep emosies opgewek. Daar is diegene wat kwaad is en wat diepgewortelde pyn beleef oor die onreg van ’n plaas wat van hulle weggevat is. Dan is daar ook dié wat elke dag met vrees moet saamleef weens ’n swaard wat oor hulle koppe hang omdat hul plase dalk weggevat kan word. Hierdie pyn – aan albei kante van die spektrum – het my die afgelope jaar diep geraak. Soms het ek gewonder of my gemoed nog één meer storie sou kon hanteer.

When we reflect on the birth of our Saviour over the Festive Season, the labour pains that Maria experienced during the birth of Christ is most possibly not something that is discussed or reflected upon most. Most women can attest though, that the birth of a child is not possible without pain and discomfort. 

Therefore I take comfort in the fact that the pains that South Africa and agriculture are experiencing currently form part of the labour pains of something beautiful not yet born. Many of us experience personal challenges that cause a lot of pain. There are those with emotional pain and those that suffer a lot because of challenges associated with their health. Let us remain hopeful that a season of pain, like any other season, will pass. 

Na Jesus se geboorte het Maria se pyn plek gemaak vir vreugde en dankbaarheid – ander emosies van koestering, versorging en beskerming het ingeskop. Só beleef elke saadjie wat ons plant, ook ’n tyd van donkerte onder die grond – en van ongemak en swelling totdat die doppie begin bars – voordat die kiemworteltjie uitstoot. Met Jesus se geboorte vier ons juis dít wat Hy vir ons opgeoffer het en wat ons verlossing meegebring het. Die vrug van sy aardse bestaan (sy kruisiging) was die verlossing van ons sondes en pyn sodat dit nie meer ’n invloed op ons ewige bestemming kan hê nie. Sy kruisiging, wat die verlossing bewerk het, het nie sonder pyn gepaard gegaan nie.

We all experience the acute pain in our country – and the agricultural sector in particular – but our hope remains on the fruit it will bear. Let us remind one another this Christmas not only of the wonderful fruit of Jesus’ birth and crucifixion, but also of the joy at the end of it all. Let us keep courage and celebrate Christmas with the knowledge that Jesus lives and that there is salvation for those who believe. 

Publication: December 2018

Section: Grain SA

Search