• Login
  • Search Icon

Hoe gemaak met koring-somme wat nie klop nie?

November 2009

DR COBUS LE ROUX, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT
 
 
 

Terwyl voedselpryse, insluitend dié van brood en broodprodukte, hardnekkig hoog bly, is die wêreldvoorraad van koring die hoogste die afgelope vyf jaar (Tabel 1) en plaaslike produksie so laag soos dié van 1995/1996 (Grafiek 1). Gepaardgaande hiermee, styg die vraag na koring plaaslik jaar op jaar, terwyl die plaaslike pryse die lae internasionalepryse van swakker koringgrade volg. 
 
Die gevolg hiervan is dat die Suid-Afrikaanse koringprodusent vasgevang is in ‘n nie-winsgewende bedryf met ‘n negatiewe koste tot inkomste verhouding per hektaar (Tabel 2). Asof dit nie genoeg is nie, raak die “koringjare”, veral in die hoof-produserende gebiede van die Vrystaat en Suid-Kaap, net minder.  Ons bly rekordoeste plant maar oes weinig, indien enige. 
 
Dit is gewis so dat daar nie alleen ‘n oplossing gevind moet word om ons koringprodusente weer tot ‘n winsgewende vlak te bring nie, maar ook om Suid-Afrika deur plaaslike koringproduksie meer selfvoorsienend te maak. In die proses kan ons die ±R2 biljoen wat elke jaar die land uitvloei na Argentinië, Duitsland en ander weer terug kanaliseer na ons eie koringproduserende platteland. 

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Nov%2009_Koring%20somme.pdf vir die volledige artikel.

Publication: November 2009

Section: Wenartikels

Search