• Login
  • Search Icon

Grond: die produsent se belangrikste bate - Deel 17: Grondorganiese materiaal

January 2011

MARTIENS DU PLESSIS, GRONDKUNDIGE, NWK BEPERK EN PROF CORNIE VAN HUYSSTEEN, DOSENT: GRONDKUNDE, UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Grond is die mees fundamentele hulpbron vir die produsent, waarsonder voedsel en natuurlike vesel nie geproduseer kan word nie. Hierdie artikel vorm deel van ‘n reeks om hierdie hulpbron toe te lig. Organiese materiaal maak slegs ‘n klein fraksie van die grond uit en in die meeste saaigebiede van Suid-Afrika is hierdie fraksie besonder klein. Hierdie artikel poog om die effek van organiese materiaal op die chemiese en biologiese grondeienskappe in Suid-Afrikaanse gronde, in perspektief te stel.

Plant- en dierereste wat tot die grond gevoeg word, word deur ensiemmatiese aksie tot die organiese boustene afgebreek. Tydens dié proses word water en CO2 as neweprodukte vrygestel. Die basiese boustene bestaan uit ‘n verskeidenheid organiese molekules, wat weer in die grond deur ensiemmatiese aksies aanmekaar verbind om stabiele organiese molekules te vorm. Afhangend van die aard van die oorspronklike toegevoegde organiese materiaal, word slegs sowat 1% - 10% van die oorspronklike droëmassa uiteindelik as humus in die grond bewaar. Die res word tot CO2 en plantvoedingstowwe gemineraliseer. Hieruit kan afgelei word, dat etlike tonne organiese materiaal jaarliks oor tyd tot die grond toegevoeg moet word om die humusinhoud betekenisvol te verhoog.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jan%202011_Grond%20belangrikste%20bate.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: January 2011

Section: Wenartikels

Search