• Login
  • Search Icon

Grond: die produsent se belangrikste bate - deel 11: grondwater

July 2010

MARTIENS DU PLESSIS, GRONDKUNDIGE, NWK BEPERK EN PROF CORNIE VAN HUYSSTEEN, DOSENT: GRONDKUNDE, UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT

Grond is die mees fundamentele hulpbron vir die produsent waarsonder voedsel en natuurlike vesel nie geproduseer kan word nie.

Grondwaterbestuur is uiters belangrik in gewasproduksie. Die doel van grondwaterbestuur is om deurlopend so goed moontlik in die plant se waterbehoeftes te voldoen. Te min water plaas vogstremming op die plant wat opbrengs verlaag; te veel water veroorsaak weer versuipingstoestande. In hierdie artikel bespreek ons grondwaterbestuur aan die hand van die grondwaterbalansvergelyking.

Grondwaterbalansvergelyking
Die grondwaterbalansvergelyking kan wiskundig soos volg voorgestel word:

ΔW = (P+I) – (R±D+E+T)

Waar: ΔW = verandering in grondwaterinhoud
P = presipitasie oftewel reenval
I = toevoeging deur besproeiingswater
R = afloop vanaf die grondoppervlakte
D = diep perkolasie of dreinering verby die wortelsone
E = verdampingsverliese vanuit die grond
T = transpirasie deur plantgemeenskappe op die grond

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Julie%2010_Grond%20produsent%20se%20bate.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2010

Section: Wenartikels

Search