• Login
  • Search Icon

Graanmark-oorsig

September 2014

'n Grafiekoorsig van die wêreld vraag en aanbod vir koring, mielies en sojabone
 

– 2014/2015-bemarkingsjaar

image

WESSEL LEMMER, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

Die pryse van Suid-Afrikaanse landboukommoditeite word beïnvloed deur die vraag en aanbod van landboukommoditeite wêreld wyd en die volgende grafiekoorsig gee ‘n idee van hoe die United States Department of Agriculture (USDA) se vooruitsigte met dié van die verlede vergelyk.

‘n Vergelyking word in elke grafiek tussen die 2012/2013-, 2013/2014- en die geprojekteerde 2014/2015-bemarkingsjare gegee. Die bemarkingsjaar vir mielies en sojabone wat hier gebruik word, strek byvoorbeeld vanaf September tot Augustus elke jaar.

Die bemarkingsjaar vir VSA mielies begin op 1 September en eindig op 31 Augustus. Die bemarkingsjaar vir koring strek vanaf 1 Junie tot 30 Mei.

Let wel: Die 2014/2015-bemarkingsjaar vir VSA mielies begin op 1 September 2014 en eindig op 31 Augustus 2015. Die World Agricultural Supply and Demand Estimates (WASDE)-verslag sluit ‘n vooruitskatting vir die 2014/2015-mielie vraag en aanbodsituasie van Suid-Afrika hierby in. Die Suid-Afrikaanse oes begin eers in Mei 2015 en eindig teen April 2016. Omdat Suid-Afrika met die VSA in die uitvoermark vir mielies meeding en Suid-Afrika se uitvoere kort ná stroop aan die einde van die VSA bemarkingsjaar plaasvind, word Suid-Afrika se vraag en aanbod-syfers vir die 2015/2016-bemarkingsjaar (Mei, Junie, Julie en Augustus 2015) by die wêreldtotale vir die 1 September tot 31 Augustus 2014/2015-bemarkingsjaar, gereken.

Die grafiekoorsig (Grafieke 1 tot 24) gee ‘n uitbeelding van die internasionale faktore wat Suid-Afrikaanse produsentepryse teen uitvoer- en invoerpariteitsprysvlakke kan bepaal.

image image

image image

image image

image image

image image

image image

image image

image image

image image

image image

image image

image image

Publication: September 2014

Section: On farm level

Search