• Login
  • Search Icon

Graan SA strategiese rigting tot 2013

June 2011

JOHAN SMIT, SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Graan SA is besig om sy vere reg te skud om die relevansie van die organisie vir belanghebbendes te optimaliseer. Ná die aanstelling van mnr Jannie de Villiers as uitvoerende hoofbestuurder in Maart vanjaar, is die organi sasie se beleidsbeginsels hersien – wat eenparig deur die organinasie se Hoofbestuur aanvaar is. Nou is dit hef aan vir die implementering daarvan vir die volgende drie jaar tot 2013.

Hierdie besluite van Hoofbestuur – wat op 5 Mei vanjaar geneem is – was uiters noodsaaklik om Graan SA te herposisioneer om steeds in die lang termyn die volhoubaarheid en winsgewendheid van graanproduksie te bevorder.

Die direktiewe vir die verwesenliking van dié strategiese doelwitte is vervat in ‘n beleidsdokument, wat as basis dien en wat ook die mandaat van alle ampsdraers en personeel uitstippel. Dit is ook die bril waardeur gekyk word om hulpbronne- en struktuuraanpassings te rig ten einde die doelwitte so effektief moontlik te kan bereik. Hierdie artikel werp meer lig oor wat in dié beleidskrif vervat is.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SA%20Graan%20Junie%2011_Toekoms%20GSA.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: June 2011

Section: Other Articles

Search