• Login
  • Search Icon

Graan SA se bemarkingsveldtog skop amper af

January 2012

MARNA SWART, SKAKELBEAMPTE, GRAAN SA

Die probleem

Voedselonsekerheid: Die toestand of risiko om nie in staat te wees om aan jouself, jou familie of ‘n nasie voedsel te voorsien nie (www.doubletongued.org/index.php/dictionary/food_insecurity).

Die oplossing

Volhoubare graanproduksie: ‘n Metode van volgehoue graanproduksie wat poog om die winsgewendheid van produsente te verseker, terwyl die behoud van die omgewing in ge dagte gehou word (www.thefreedictionary.com/sustainable+agriculture).

Dít is die agtergrond van Graan SA se Bemarkingstrategie.

Met ‘n wêreldbevolking wat daagliks toeneem en kwynende graanvoorrade, word voedselonsekerheid ‘n groter realiteit. Die enigste oplossing is dus volhoubare en winsgewende graanproduksie. Om laasgenoemde moontlik te maak, moet beleidmakers en besluitnemers beïnvloed word en daarom het Graan SA besluit om op ‘n kreatiewe wyse te illustreer dat Suid-Afrikaanse graanprodusente gereed en bereid is om saam te werk om voedselsekerheid te verseker.

Graan SA se strategiese doelwitte om nouer samewerking met die regering te bewerkstellig rakende belangrike kwessies soos voedselsekerheid, werkskepping, markuitbreiding en volhoubare grondhervorming, sal deur dié veldtog ondersteun word.

Die teikenmark vir die veldtog is die regering, waaronder verskeie beleidmakers en besluitnemers asook produsente, alle rolspelers in landbou en die breë publiek as uitgebreide teikenmarkte.

Die hoofdoel van hierdie strategie is om besluitnemers en beleidmakers in die rege ring te beïnvloed in ons poging om winsgewende en volhoubare graanproduksie in Suid-Afrika te bewerkstellig. Om te slaag in hierdie doel, moet ons die regering daarvan bewus maak dat Graan SA hul bekommernisse deel om sodoende ‘n gesonde en wedersydse voordelige verhouding teweeg te bring.

Om die toon van die veldtog te bepaal, moes die handelsmerkpersoonlikheid van Graan SA eers bepaal word. ‘n Handelsmerk persoon likheid bestaan uit menslike karaktereienskappe wat aan die handelsmerk toegeken word. Die volgende is geïdentifiseer as eienskappe van Graan SA: Graan SA is ‘n leier, opleier, kundig, verantwoordelik, verenig, innoverend, doelgerig, geloofwaardig, gerespekteer, behulpsaam, intellektueel, ‘n rig tinggewer en Graan SA maak ‘n verskil. Hierdie eienskappe sal deurlopend in die veldtog weerspieël word.

Die media speel ‘n enorme rol in mense se persepsies oor en gevoelens teenoor ander mense, produkte en handelsmerke. Dit is dus van kardinale belang om die media reg te gebruik om sekere boodskappe oor te dra. Deur ‘n media-analise te doen, is bevestig dat om bogenoemde teikenmarkte te bereik, televisie en radio as medium gebruik moet word. Die analise het getoon dat hooggeplaasde regeringsamptenare meestal na die DSTV-kanale kyk en hoofsaaklik na SAfm en Talk Radio 702 luister.

Vanaf Maart 2011 tot Augustus 2011 is die beplanning van die strategie gedoen en September 2011 tot November 2011 is gewy aan die produksie van die onderskeie radio- en televisie-advertensies. Die beplanning is om vanaf Februarie 2012 die advertensies op die onderskeie mediums uit te saai.

Kyk dus uit vir die Graan SA-bemarkingsveldtog wat eersdaags op verskillende DSTV-kanale asook op SAfm en Talk Radio 702 uitgesaai sal word.

Van die kanale waar die advertensie vertoon sal word, sluit in: Africa Magic Plus, Universal Channel, BBC Entertainment, Discovery World, Blitz SuperSport, National Geographic Channel en Sky News.

Publication: January 2012

Section: Other Articles

Search