• Login
  • Search Icon

Graan SA reis so ver as die VSA opsoek na redes vir hoë saadpryse

November 2011

image

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM, GRAAN SA

Die Produksie/Inset Werkgroep van Graan SA het aan die begin van die jaar saadmaatskappye besoek om die Werkgroep se bekommernis oor hoë en stygende saadpryse te bespreek.

Saadpryse het tot so ‘n mate gestyg dat saad as produksie-inset ongeveer 13% van ‘n mielieprodusent se lopende produksiekoste in die 2010/2011-produksieseisoen uitgemaak het, terwyl dié syfer 6% was in die 2004/2005-produksieseisoen.

Tydens dié besoeke aan saadmaatskappye het Monsanto die Produksie/Inset Werkgroep genooi om op hul koste die VSA te besoek om te wys waar hierdie “hoë” saadpryse vandaan kom en hoekom saadpryse nie net sommer met die mielieprys vergelyk kan word nie.

Die Werkgroep het Monsanto se uitnodiging aanvaar en nege van sy lede het gedurende September die VSA besoek en het altesaam vier dae in die VSA spandeer.

Gedurende die eerste drie dae van die toer is ‘n kommersiële graanprodusent en die Farm Progress Show (die VSA se NAMPO Oesdag) in Illinois besoek. Op die vierde dag is Monsanto se navorsingsfasiliteite sowel as hul hoofkantoor in St. Louis, Missouri, besoek.

Monsanto spandeer ,2 miljard per jaar aan navorsing en ontwikkeling. Dit is gelykstaande aan R23 miljoen per dag wat spandeer word. Hulle het ‘n spesiale department wat hulle die “Q” departement noem (soos in die James Bond films) wat net daarop focus om nuwe goed te ontwikkel en te patenteer.

In Grafiek 1 kan gesien word hoe opbrengste van die jaar 2000 tot 2008 verbeter het in lande wat biotegnologie in hul land aangeneem het teenoor lande wat nie biotegnologie gebruik nie.

image

Die groep was baie opgewonde oor die tegnologieë/gene wat Monsanto in die pyplyn het (Grafiek 2, 3 en 4).

Na afloop van die besoek aan Amerika is daar ‘n beter begrip by die Werkgroep oor waar hierdie “hoë” saadpryse vandaan kom en waarom die ontwikkeling van nuwe saadtegnologieë en gene so belangrik is vir volhoubare produksie.

Die Produksie/Inset Werkgroep is egter steeds bekommerd oor die stygende plaaslike saadpryse en sal daarom deurlopend plaaslike saadpryse monitor.

Grafiek 2, 3 en 4:

image

Publication: November 2011

Section: Other Articles

Search