• Login
  • Search Icon

Goeie praktyke vir versorging van trekkerbande

August 2017

Lara de Goede, bemarkingsadministrateur, Tubestone

Met ‘n kompeterende landbou- en industriële sektor is die aanvraag vir kwaliteit bande groot. Die leeftyd van jou bande sal egter afhang van die korrekte aanwending en gebruik, maak nie saak hoe hoog die kwaliteit van die produk is nie.

Dit is noodsaaklik om die spesifikasies te volg om te verseker dat die bande se volle potensiaal benut word en daarom kyk ons na die belangrikste aspekte om te verseker jy verleng die leeftyd op jou bande. Ons glo ‘n slim verbruiker is ‘n ingeligte verbruiker.

Aanwending
Maak altyd seker dat die band geskik is vir die aanwending. Maak seker dat die bande die regte produk vir die masjien, wa of trekker is. Bande word getoets, geproduseer en gewaarborg vir ‘n spesifieke taak en oppervlak en indien korrek aangewend, sal maksimum waarde uit die band verkry word.

Banddruk​​​​​​
Een van die belangrikste instandhoudingseienskappe is om altyd seker te maak dat die band se druk korrek is.

Bande word ontwerp om ‘n spesifieke gewig te dra – gebaseer op die band se druk. Die drukking van jou bande moet op ‘n daaglikse basis nagegaan word en die aanbevole drukking gebaseer op die spesifieke band, moet gebruik word.

Sodra bande se drukking te hoog is, strek en buig die bande uit posisie. Die bande absorbeer dan nie skok nie, wat te veel spanning op die rubber veroorsaak en daartoe lei dat die band meer kwesbaar is vir snye, impakbreuke en versnelde afloop van die bande.

As die banddruk te hoog is, kan dit nie net skade aan die bande self veroorsaak nie, maar ook grondkompaksie veroorsaak – wat skadelik vir jou lande kan wees.

Dit is net so nadelig wanneer jou bande se druk te laag is en kan oorbodige strekking en buiging van die bande veroorsaak; asook te hoë hitte-opwekking en verhoogde skouerafwerking van die band. Verlaagde banddruk kan ook hoër brandstofgebruik veroorsaak.

Alle banddruk verwys na die “koue” band. Wat hiermee bedoel word, is dat bande se druk gemeet moet word terwyl die band koel is. Met ander woorde, voordat die bande begin rol of ‘n hele tydperk nadat die masjien, wa of trekker alreeds stilgestaan het, moet die drukking gemeet word.

Dravermoë
Maak seker wat die dravermoë van die bande moet wees. Die voertuig se gewig moet vasgestel word, asook dié van die produk wat vervoer moet word. Dit is belangrik dat die masjien, wa of trek­ker nooit oorlaai word nie. Oorlaaiing is die een van die grootste foute wat verbruikers maak.

Opsit en afhaal van ‘n band
Wanneer bande opgesit of afgehaal word, is dit noodsaaklik dat die korrekte prosedures gevolg word. Maak seker die voertuig is in goeie toestand en dat die spanrand (bead) van die band korrek op die wielvelling (rim) geposisioneer is.

Sodra die bande opgesit is, maak seker die wydte tussen die band en voertuig is korrek – daar moet gelyke spasiëring wees tussen al die bande en die voertuig.

Onthou hiervan
Gaan gereeld die bande na vir krake, snye en slytasie. Wanneer ‘n band ernstige snye en/of krake wys, of meer as 80% afgeloop is, moet die band dadelik vervang word.

Dit is belangrik dat behoorlike bestuursgewoontes aangeleer word. Vermy slaggate, skerp draaie, hoë spoed en skielike remming. Onverskillige en verkeerde bestuursvermoë kan bande se leeftyd heelwat verkort.

Natuurlike elemente soos son, reën, sneeu en hael kan ook ‘n negatiewe effek op bande hê. Dit is noodsaaklik om jou bande kor-rek te stoor. Bande moet nie langer gestoor word as wat aanbeveel word nie.

Maak seker dat die bande nie in direkte sonlig gestoor word nie, dat die stoorarea skoon is en dat bande in ‘n vertikale posisie geplaas word. Die bande moenie bo-op mekaar gestapel word nie.

Chemikalieë speel ‘n groot rol in die leeftyd van trekker-, wa- en masjienbande. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die rubber van bande sekere chemikalieë makliker absorbeer as ander en die gereelde skoonmaak van jou bande is uiters belangrik – veral as daar in lande gewerk is wat kompos bevat. Ons het byvoorbeeld ‘n wye reeks landboubande wat ‘n unieke self-skoonmaakfunksie bied en só ook help om die lewe van jou bande te verleng.

Koop altyd die beste produk wat jy kan bekostig en maak seker jy koop ‘n handelsnaam waarop jy kan vertrou. Dit is ook baie belangrik om seker te maak dat die bande nie net ‘n voldoende waarborg het nie, maar dat ‘n naverkoopdiens gelewer word.

Bogemelde is slegs die mees algemene en belangrikste wenke om te verseker dat jy jou plaasbande se leeftyd verleng. Dit is belangrik om ingelig te wees en sodoende slim met jou bande te werk.

Tubestone is die trotse, asook eksklusiewe groothandelaar, van landbou- en konstruksie-reeks BKT-bande in Suid-Afrika en Namibië. BKT is ‘n handelsmerk waarop ‘n produsent maar kan staat­maak. Tubestone verteenwoordigers en verkoopspersoneel is op­gelei om al jou vrae te beantwoord en uitstekende naverkoopdiens te lewer.

Publication: August 2017

Section: Focus on

Search