• Login
  • Search Icon

Gebruik laer insetpryse en hoër produkpryse tot jou voordeel

March 2010

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVOR SINGSKUNDIGE, GRAAN SA

Produsente is bewus daarvan dat laer insetpryse en hoër produkpryse tot hul voordeel is, maar hulle besef nie altyd die werklike waarde hiervan nie. As gevolg hiervan doen produsente nie genoeg om hierdie aspekte ernstig te bestuur nie. Hier volg ‘n paar voorstelle om die meeste voordeel uit só ‘n situasie te trek.

Standaard begroting
Daar is gebruik gemaak van ‘n standaard begroting om die effek van afslag, hoër pryse en hoër doeltreffendheid te vergelyk. Winsgewendheid asook opbrengs het verskillende uitwerkings en daarom moet elke produsent sy eie berekeninge doen. Daar kan algemeen aanvaar word dat hoe laer die winsgewendheid, hoe groter sal die bydrae van die veranderlikes wees. ‘n Tipiese 4 ton/ha mieliebegroting is opgestel om die veranderlikes teen te toets en word in Tabel 1 aangetoon.

Om die bydrae van hoër produksie, laer insetpryse en hoër gemiddelde mieliepryse te toets, is die produksiekoste met 5%, 10% en 15% verlaag terwyl die mielie inkomste, wat opbrengste en pryse insluit, met 5%, 10% en 15% verhoog.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Maart10_Laer%20insetpryse_1.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: March 2010

Section: Wenartikels

Search