• Login
  • Search Icon

Gauteng maak landbousensus-opname bekend

April 2010

PETRU FOURIE, LANDBOU-EKONOOM: INSETTE EN PRODUKSIE, GRAAN SA

Die Gauteng provinsie se landbousensusprojek is voltooi en die resultate is aan ‘n diverse groep rolspelers voorgelê op 19 Februarie in Centurion.

Gauteng se Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het die projek in 2009 aan SIQ toegeken met die hoofdoelwit om te bepaal waar, hoeveel en waarmee daar in Gauteng geboer word. SIQ het dit uitgevoer deur eerstens somer- en wintergewasse (ingereken tuinbougewasse, blomme, kruie en hidroponiese gewasproduksie) te identifiseer en te karteer.

Tweedens was veldgrense geklassifiseer en laastens moes plase waar lewende haweproduksie (ingesluit beeste, skape, voerkrale, melkerye, hoenders en varke) plaasvind, geïdentifiseer en gelokaliseer word.

Inligting is deur middel van ‘n nuwe unieke metode bymekaar gemaak waarvan onafhanklike observasies, met behulp van ‘n ligte vliegtuig, die hoeksteen was. Hierdie metode van data-insameling was objektief, vinnig en kostedoeltreffend. Plaasbesoeke en telefoonoproepe het ‘n klein bydrae gemaak.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Apr10_Landbousensus.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: April 2010

Section: Wenartikels

Search