• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief – 23 April 2010 - 23 Junie 2010

July 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die onwaarskynlikheid dat die dispuut tussen Sjina en Argentinië (oor die kwaliteit van Argentynse soja-olie) binnekort opgelos sal word, het druk op Argentinië se soja-uitvoere geplaas. Verwagtinge dat Sjina se aankope van soja-olie binnekort na die VSA kan verskuif, het CBOT-sojaboonpryse sedert 23 April ondersteun. Swak weersomstandighede in Kanada wat die aanplantingsproses van kanola vertraag het en tot laer aanplantings kan lei, het verdere ondersteuning aan VSA se sojaboonpryse gebied aangesien dié kommoditeite kompeterend in die plantaardige oliemark is.

Aandelemarkte
Die DJIA-indeks het sedert 23 April tot 7 Junie, weens kommer oor die Europese Unie (EU) se skuldprobleme, met 12% gedaal tot 9 816 indekspunte (die laagste sedert November 2009). Sedertdien het positiewe data in die VSA, wat daarop dui dat die ekonomie herstel begin toon, die DJIA-indeks ondersteun en die indeks het op 23 Junie op 10 298 indekspunte verhandel (Grafiek 1). Die JSE Algehele Indeks het die DJIA-indeks gevolg en sedert 23 April tot 8 Junie met 2 912 indekspunte gedaal tot 26 019 indekspunte. Die JSE het egter sedert 8 Junie weens die Wêreldbeker Sokker-toernooi en ‘n herstel in die kleinhandelverkope gestyg tot 27 617 indekspunte op 23 Junie (Grafiek 3).

Wisselkoerse
Die VSA dollar het sedert 23 April tot 8 Junie van ,34 (weens die voortdurende skuldprobleme in die EU) versterk tot ,19 teenoor die euro. Verwagtinge dat die Sjinese yuan teenoor die VSA $ kan versterk sodra die Sjinese beleid ten opsigte van ‘n vryer yuan geïmplementeer word, het druk op die VSA dollar geplaas. Toekomstig behoort dié stap landbou-kommoditeitspryse ook te ondersteun omdat ‘n sterker yuan Sjina se koopkrag verhoog en Sjinese invoere bevorder. Gevolglik het die VSA dollar op 23 Junie verswak tot ,23 teenoor die euro (Grafiek 1).

Die buitengewone groot skuldkrisis in die EU het daartoe gelei dat die rand as ‘n oorwaardeerde geldeenheid beskou is en het daartoe aanleiding gegee dat die rand sedert 23 April tot 4 Junie van R7,41 tot R7,84 teenoor die VSA dollar verswak het. Groter deursigtigheid in die EU se bekendmaak van finansiële inligting het vertroue in die euro geskep en het gevolglik ook die rand tot R7,53 op 23 Junie laat versterk (Grafiek 3). Ten opsigte van die rand word verwag dat die geldeenheid oor die kort termyn sy waarde teenoor die Britse pond en euro sal handhaaf, maar teen die VSA $ kan verswak en ander geldeenhede van ontwikkelende lande sal uitstof. Later kan die rand egter swakker teenoor geldeenhede van die ontwikkelde markte presteer. Stakings en Suid-Afrika se lae arbeidsproduktiwiteit, tesame met ‘n dreigende handelstekort, kan ekonomiese groei strem. Die waarskynlikheid dat die rand kan verswak is dus groot en daarom behoort landboukommoditeitspryse deur ‘n verwagte swakker rand ondersteun te word.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jul10_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2010

Section: Wenartikels

Search