• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

March 2010

– 17 Desember 2009 tot 17 Februarie 2010
BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM:MARKOMGEWING, GRAAN SA
 
Die VSA Departement van Landbou (USDA) se maandelikse vraag- en aanbod-projeksie (WASDE-verslag) op 9 Februarie het pryse sedertdien ondersteun. Die WASDE-verslag toon dat die mielie- en sojaboonvoorrade vir die 2009/2010-seisoen laer kan wees as wat voorheen verwag is. Die wêreldeindvoorrade van mielies is ook met 2,15 miljoen ton verlaag tot 134,04 miljoen ton, teenoor ‘n maand gelede, weens hoër verbruik en verwagte uitvoere.
 
Dow Jones Industriële Gemiddelde (DJIA) Indeks
Die DJIA-indeks het sedert 17 Desember tot 19 Januarie, weens positiewe ekonomiese vooruitsigte, met 417 indekspunte gestyg tot 10 725 indekspunte (die hoogste in 15 maande). Sedert 19 Januarie het kommer oor die Europese regering se besluit of hulle geldelike steun aan Griekeland gaan verleen, druk op markte geplaas. Sjina se besluitneming om sy monetêre beleid te versterk wat ekonomiese groei kan strem het verdere stygings op internasionale markte beperk. Die DJIA-indeks het tot 10 309 indekspunte op 17 Februarie verswak. Die VSA dollar het oor die tydperk vanaf ,44, onder meer as gevolg van beleggers se wantroue in die euro, tot ,36 teenoor die euro versterk (Grafiek 1).
 

Publication: March 2010

Section: Markoorsig

Search