• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

November 2010

– 20 Augustus 2010 tot 20 Oktober 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Kommoditeitsmarkte was die afgelope maand deur die USDA se maandelikse vraag- en aanbodprojeksie ondersteun. Laer VSA mielievoorraadvlakke en ‘n afname in opbrengs, het internasionale pryse tot nuwe prysvlakhoogtepunte geneem. ‘n Sterk rand het egter die styging in plaaslike pryse gedemp.

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se voorneme om te plant is op 21 Oktober gepubliseer. Volgens die NOK is produsente van voorneme om 2,468 miljoen hektaar mielies aan te plant, teenoor die 2,742 miljoen hektaar van verlede jaar. Verwagte voorraadvlakke van oor die 3,5 miljoen ton plaas druk op pryse en lei tot lae winsgewendheid. Gevolglik het mielie-hektare na veral sojabone en sonneblom geskuif.

As gevolg van droe toestande in die koringproduksiegebiede het die NOK die verwagte koringopbrengs verlaag. Die koringoes word op 1,570 miljoen ton geskat, teenoor die vorige skatting van 1,637 miljoen ton.

Aandelemarkte
Die DJIA-indeks het sedert 20 Augustus tot 20 Oktober vanaf 10 213 indekspunte tot 11 107 indekspunte gestyg. Markte is in die tydperk ondersteun deur beter as verwagte ekonomiese data en gerusstelling deur die Federale Reserwe Bank in die VSA, dat die waarskynlikheid vir ‘n tweede resessie skraal is. Die Federale Reserwe het ook aangedui dat die bank gereed is om te reageer indien die VSA ekonomie verder sou verswak (Grafiek 1).

Die JSE Algehele Indeks het sedert 20 Augustus tot 20 Oktober die hoer internasionale aandelemarkte gevolg en met 3 091 indekspunte tot 30 080 indekspunte gestyg. Rand Merchant Bank (RMB) verwag dat daar moontlik miljard buitelandse valuta Suid-Afrika kan invloei weens verskeie transaksies wat in onderhandeling is. Dit sluit onder andere HSBC se uitkoop van Nedbank en Wal-Mart se aanbod aan Massmart in (Grafiek 3).

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Nov10_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: November 2010

Section: Markoorsig

Search