• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

September 2010

– 18 Junie 2010 tot 18 Augustus 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARKOMGEWING, GRAAN SA

Die afgelope 45 dae is gekenmerk deur fundamentele faktore wat graanmarkpryse ondersteun het. In die Swart See-streek is weerprobleme ondervind, so ook in die VSA. Die vraag uit Sjina het toegeneem, onsekerheid oor die Kanadese oes het geheers en vloede in Pakistan het pryse ondersteun.

Pryse het ‘n stygende tendens begin volg, wat ‘n ongewone verskynsel is vir dié tyd van die jaar in die VSA. Spekulatiewe kopers moes met verbruikers vir beperkte ou seisoen mielie- en sojaboonvoorrade meeding. Pryse is verder deur brande in Moskou en vloede in Sjina en Pakistan ondersteun. Ruoliepryse, wat ‘n aanduiding van die sterkte van die VSA ekonomie is, was onder druk en VSA produsente verwag dat die graanmark voortaan teleurstellend kan wees.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept10_Graanmark.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: September 2010

Section: Markoorsig

Search