• Login
  • Search Icon

Die graanmark in perspektief

May 2010

– 19 Februarie 2010 tot 21 April 2010

BARRETT SCHOEMAN, LANDBOU-EKONOOM: MARK OMGEWING, GRAAN SA

Die VSA Departement van Landbou (USDA) se maandelikse vraag- en aanbodprojeksie (WASDE verslag) op 9 April het sojaboonpryse ondersteun. Die verslag toon dat ouseisoen sojaboonvoorrade laer kan wees, weens hoer as verwagte plaaslike verbruik en uitvoere.

Die VSA eindvoorrade van mielies is met 2,54 miljoen ton tot 48,23 miljoen ton verhoog weens laer voer- en etanolverbruik. VSA produsente is van voorneme om mielieaanplantings met 3% teenoor 2009 uit te brei. Laer verwagte koringaanplantings in die VSA (9% laer as verlede jaar) weens hoe voorraadsyfers en lae pryse het tot die verhoogte mielieanplantings bygedra. Produsente in die VSA wat ‘n deel van hul koring teen huidige hoer pryse verkoop asook sprake dat koringpryse ‘n laagtepunt bereik het, totdat duidelikheid verkry is oor die verwagte produksie van koring in die EU en Rusland, het VSA koringpryse ondersteun. Aandelemarkte, wisselkoerse en ruoliepryse is in die tydperk ondersteun deur optimisme dat die wereldekonomie aan die herstel is.

Aandelemarkte
Die DJIA-indeks het sedert 19 Februarie tot 21 April, weens optimisme oor wereld ekonomiese herstel, met 722 indekspunte tot 11 124 indekspunte (die hoogste sedert September 2008) gestyg. Sedert 19 Februarie het kommer oor Griekeland se skuldprobleme asook Sjina se besluitneming om sy monetere beleid te versterk druk op markte geplaas (Grafiek 1).

Die JSE Algehele Indeks het internasionale markte gevolg en sedert 19 Februarie tot 21 April, met 6,2% tot 28 938 indekspunte gestyg. Die goedkeuring van ,75 miljard deur die Wereldbank aan Eskom het nuwe belangstelling in konstruksie- en vervaardigingsaandele ontlok en die JSE verder ondersteun (Grafiek 3).

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mei%2010_Graanmark.pdf vir die volledige artikel.

Publication: May 2010

Section: Markoorsig

Search