• Login
  • Search Icon

Dít is die nuutste inligting rakende die dieselkorting

August 2013

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA

Sedert 15 Februarie vanjaar, toe goeie nuus oor die hou van logboeke vir die verlede (voor 1 April 2013) ontvang is, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) publieke kommentaar oor hul voorgestelde wysigings aan Skedule 6 van die Doeane- en Aksynswet aangevra.

Die SAID se mikpunt was om hierdie wysigings, wat sal toelaat dat produsente alternatiewe inligting vir die verlede kan gebruik waar logboeke ontbreek, teen einde Mei te implementeer. Die implementering hiervan word tans vertraag as gevolg van ‘n tekort aan, en geskille oor gemiddelde dieselgebruiksyfers vir sekere gewasse in sekere streke.

Verder word daar wyd ervaar dat produsente wat geoudit is se BTW-eise teruggehou word. Hierdie aspek is met die SAID opgeneem en hulle het ‘n toegewyde persoon aangewys om hierdie sake op 'n individuele basis op te volg sodat BTW-eise weer uitbetaal kan word.

Dit is baie belangrik dat produsente streng boek hou van hul dieselgebruik vanaf 1 April 2013. Agri SA en Graan SA het kommentaar gelewer oor hoe ‘n logboek behoort te lyk, maar daar is nog nie uitklaring vanaf die SAID daaroor gekry nie. Intussen word produsente aanbeveel om die minimum inligting wat tans deur die wet vereis word by te hou, deur middel van 'n logboek by hoofverspreidingspunte.
Hou boek van:

  • Datum wat diesel ingegooi is.
  • Hoeveelheid diesel wat ingegooi is.
  • Beskrywing van die voertuig.
  • Rede waarvoor diesel aangewend is.

Grys-areas wat in die afgelope twee jaar se oudits aan die lig gekom het, word ook met die SAID opgeneem.

Publication: August 2013

Section: Input Overview

Search