• Login
  • Search Icon

CELMAX: Veediefstal- en roofdier-alarms op jou selfoon

October 2011

PHILIP LÖTTER, CELMAX

Celmax is ‘n halsband wat alarmoproepe na jou selfoon maak sodra iemand probeer om jou vee te steel of rondloperhonde of ongediertes jou vee aanval.

Dit word sedert 1999 al op meer as 800 plase in Suid-Afrika gebruik. In hierdie periode het Celmax die diefstal van ongeveer 198 000 diere voorkom wat andersins gesteel sou gewees het. Dit is geskik vir gebruik by skape, boerbokke, Angoras, beeste en perde.

image

Hoe werk Celmax?

Celmax is ‘n halsband wat deur een dier in die trop gedra word. By beeste kan egter meer as een in die trop geplaas word. Die halsband monitor die gedrag van die diere en maak alarm sodra die diere abnormale gedrag begin toon, soos tydens:

  • Veediefstal;
  • ‘n Aanval deur rondloperhonde;
  • ‘n Aanval deur roofdiere (byvoorbeeld jakkalse en aardwolwe); en
  • Diere wat vlug vir ‘n veldbrand (veral in die nag).

Jy ontvang die alarm, in die vorm van alarmoproepe na jou selfoon, sodra die diefstal, aanval of gevaar begin. Dit dui ook op die selfoon aan by watter trop diere die probleem is en jy kan dus dadelik optree.

Wat is die voordeel vir jou?

Met veediefstal

  • Stop die diewe voor hulle kan begin slag.
  • Jy vang hom in die kamp, tussen die diere, met die een dier wat hy dalk al gevang het en met sy slaggereedskap by hom – dan het jy al die bewyse wat die hof nodig het!
  • As jy hom nie gevang kry nie en hom verwilder, het jy ten minste nog al jou diere.
  • Jy verloor nie 10 of 20 diere en kom eers die volgende dag agter dit is weg nie – dan is dit te laat.
  • Hy sal ook tweemaal dink voor hy weer na jou plaas terugkom en hy sal beslis die storie versprei om ander te waarsku om jou plaas te vermy.
  • Meer as 90% van ons kliënte se diefstal het gestop sodra hulle Celmax geïnstalleer het.

Met rondloperhonde by jou diere

  • Jy kan die aanval stop voor die honde ‘n klomp diere beseer. Jy kan die honde in die kamp by die diere van kant maak.
  • Sonder Celmax sal jy eers die volgende dag op die beseerde diere afkom en dan is die honde terug by hul eienaars en jy het geen bewyse nie.
  • Sonder Celmax gaan jy ‘n klomp diere van kant moet maak wat te erg beseer is in die aanval en dié wat oorleef, herstel die meeste van die tyd nooit weer heeltemal nie.

Met roofdiere (soos byvoorbeeld ‘n jakkals)

  • Jy betrap die skuldige een op heterdaad.
  • Jy maak net die skuldige een van kant.
  • Die res van die onskuldige roofdiere bly in die area en hul voorkom dat nuwe probleem-roofdiere hul intrek neem.

Met veldbrande

  • Sodra die diere begin paniekerig raak, sal jy ook alarmoproepe ontvang.
  • Weer eens kan jy betyds optree en skade voorkom.

Algemeen

  • Celmax gee jou gemoedsrus.
  • Dit is ‘n baie goeie afskrikmiddel.
  • Dit hou kriminele weg van jou plaas en voorkom só ander diefstal.
  • Jy kan weer al jou kampe benut en jou diere meer begin maak.

Hoekom is Celmax die beste keuse?

  • Celmax beweeg saam met die trop en kan dus nie deur die veedief buite aksie gestel word nie.
  • Daar is geen veldstasies wat deur ‘n veedief beskadig kan word nie.
  • Die halsband skakel direk na jou eie selfoon.
  • Geen installasiekoste nie.
  • Geen kontrakte wat jy moet onderteken nie.
  • Dit is die gewildste stelsel omdat dit reeds so baie sukses behaal het.
  • Dit word reeds in soveel distrikte gebruik dat daar iemand naby jou sal wees wat kan dien as ‘n verwysing.
  • Ongeag waar die produsent homself bevind (binne ‘n selfoonopvangsgebied) sal hy ‘n alarmoproep kry sodra ‘n diefstal begin.
  • Dit is baie eenvoudig om te gebruik.
  • As hulle uitvind jy gebruik die stelsel, vermy ‘n veedief gewoonlik jou plaas.

Wat is die alternatief?

  • Die diewe gaan voorlê in die nag – en dit is meestal ‘n mors van slaaptyd.
  • Die diere elke aand in ‘n kraal toesluit – ‘n klomp ekstra werk en dit is ongesond vir die diere.
  • Wagte huur – dit is duur en dit is nog ‘n paar onwelkom oë wat kyk wat op jou plaas aangaan.
  • Elektriese heinings – hulle het baie planne daarteen.
  • Of jy kan niks doen en jaar na jaar meer geld verloor as die eenmalige bedrag wat ‘n Celmax jou sal kos.

Vereiste

Daar moet selfoonopvangs wees in die area waar Celmax gebruik gaan word.

Prys

R4 800 + BTW per halsband (een per trop). ‘n Maandelikse fooi van R44 per halsband per maand.

Vir meer inligting, kontak mnr Philip Lötter (wat die stelsel ontwikkel het en die eienaar van Celmax is) by (028) 212-3346 of besoek ons by www.celmax.co.za.

Publication: October 2011

Section: Input Overview

Search