• Login
  • Search Icon

Beter riglyne vir die beheer van koringluise

July 2010

DR GODDY PRINSLOO, LNR-KLEINGRAANINSTITUUT, BETHLEHEM

Daar is baie spekulasie en onduidelikheid oor die beheer van koringluise, veral in die Wes-Kaap. Die afgelope vyf jaar is daar dieper ondersoek ingestel na die skadelikheid van sommige van hierdie luise. Met hierdie artikel word meer inligting verskaf wat groter duidelikheid sal gee.

Watter luise en in watter streke van SA kom hulle voor?
Russiese koringluis
Die bekendste en skadelikste is die Russiese koringluis (Foto 1). Die luis kom voor in die somerreengebiede, veral onder droëland-toestande. Hulle hou van plante wat droogtegestrem is. Hulle kom baie sporadies in droe jare in die Wes-Kaap voor. Oor die algemeen is dit nie ‘n probleem in die Wes-Kaap nie, weens die vogtiger klimaat. Onder nat besproeiingstoestande vaar hulle ook nie goed nie en veroorsaak dus nie probleme nie.

Hawerluis
Die hawerluis (Foto 2) hou van meer vogtige omstandighede en kom veral in die Wes-Kaap voor. Hulle kan ook in nat jare onder droelandomstandighede in die somerreenvalgebied voorkom, maar dit gebeur sporadies. Hulle is ook ‘n gereelde probleem onder besproeiing.

Bruin aarluis
Die bruin aarluis (Foto 3) kom ook veral in die Wes-Kaap voor, maar meer aan die einde van die koringseisoen in die korrelvulstadium. Hulle kan egter in natter jare onder droeland-toestande voorkom, maar dit gebeur sporadies. Hulle word ook sporadies onder besproeiing gesien.

Roos-graanluis
Die roos-graanluis (Foto 4) kom gereeld onder vogtige toestande in die Wes-Kaap voor. Hulle kom sporadies in nat jare onder droelandtoe stande voor, maar is veral ‘n probleem onder besproeiing.

Gewone groen koringluis
Die groen koringluis (Foto 5) kom uiters sporadies onder droelandtoestande in die Vrystaat en Wes-Kaap voor.

Mielieplantluis
Mielieplantluise (Foto 6) kom baie sporadies onder nat toestande in die Wes-Kaap en onder besproeiingskoring voor.

Die belangrikste van hierdie luise is egter die eersgenoemde vier. Die ander twee kom so sporadies voor dat hulle nie bespreek sal word nie. Van al die genoemdes, is die Russiese koringluis die belangrikste vir die somerreengebied en die hawerluis, bruin aarluis en roos-graanluis die belangrikste in ander dele van die land, insluitend die besproeiingsgebiede.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Julie%2010_Koringluise.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: July 2010

Section: Wenartikels

Search