• Login
  • Search Icon

Beste oesskatting in jare

March 2016

PETRU FOURIE, navorsingsko├Ârdineerder en produksiekoste-analis: Graan SA

Die 2014/2015-produksieseisoen het afgeskop met die verwag ting dat gemiddelde tot bogemiddelde oeste in die somer graanproduserende gebiede kan realiseer. Om stan - dighede het egter handomkeer verander en Suid-Afrika het deur ‘n buitengewoon-strawwe en uitgerekte mid somer droogteperiode, veral in die westelike dele van die land, gegaan.

Die kommer met betrekking tot hierdie midsomerdroogte was dat Suid-Afrika se ondergrondvogtoestande oor die algemeen alreeds onder hewige druk was en dat hierdie ondergemiddelde reënval nog verdere stremming op somergraangewasse sou plaas. Die uiterste hitte en droë toestande het tydens die bestuiwingsfase van die somergewasse voorgekom en opbrengste is negatief beïnvloed.

Reënval het in die vorm van donderbuie voorgekom en geen wydverspreide reën is ontvang nie. Dit het meegebring dat lande langs mekaar vanaf baie mooi tot uiters swak vertoon het.

Met inagneming van bogemelde wisselende omstandighede, is dit die taak van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) om soveel as moontlik inligting/data in te samel om sodoende akkurate en tydige oesskattings daar te stel.

Vanuit die perspektief dat verlede seisoen as een van die moeilikstes beskou is, word daar in hierdie artikel gepoog om te kyk hoe die NOK sedert die bekendmaking van die eerste produksieskatting tot die finale mielie-oes verander en afgewyk het.

Beste oesskatting in jare

Verloop van die 2014/2015-produksieseisoen

Onderskatting van die witmielie-oes
In Grafiek 1 kan die maandelikse syfers ten opsigte van die produksieskatting vir witmielies, vanaf die eerste skatting (Februarie) tot die finale skatting (September), soos bekend gemaak deur die NOK, gesien word. Die rooi lyn dui die gerealiseerde witmielieproduksiesyfer aan en die verskil tussen dié syfer en die maandelikse skattings is duidelik sigbaar.

Beste oesskatting in jare

Soos reeds genoem, het die uiters droë toestande grotendeels in spesifiek die westelike dele van die land, waar hoofsaaklik witmielies aangeplant word, voorgekom. Witmielie-opbrengste is dus baie nadelig beïnvloed en graanprodusente in hierdie dele van die land het ondergemiddelde oeste gelewer.

Die NOK het ‘n puik taak verrig en het die impak van die droogte so gou moontlik aan die mark deurgegee. Die eerste skatting in Februarie 2015 was 4,696 miljoen ton terwyl die werklike grootte van die finale oes (soos 11 Februarie 2016 bekend gemaak) 4,735 miljoen ton was. Hul skattings was besonder akkuraat, aangesien dit deurentyd minder as 2% vanaf die gerealiseerde wit mielieproduksiesyfer afgewyk het.

Onderskatting van die geelmielie-oes
Anders as in die westelike dele, het die oostelike dele van die land, waar geelmielies hoofsaaklik geplant word, meer gunstige weersomstandighede gedurende die 2014/2015-somer reën valseisoen ervaar.

In Grafiek 2 kan die maandelikse produksieskattingsyfers vir geelmielies gesien word. Oor die algemeen is relatiewe goeie geelmielie- opbrengste behaal en is die toename in die maandelikse geelmielieproduksieskattingsyfers duidelik sigbaar in die grafiek.

Beste oesskatting in jare

Die NOK se eerste skatting vir geelmielies in Februarie was 4,969 miljoen ton. Soos die gunstige landboutoestande in die oostelike dele van die land voortgeduur het, het die verwagte geel - mielie-opbrengste ook toegeneem.

Die NOK het die verwagte geelmielie-oes vanaf sy eerste skatting tot die werklike grootte van die finale oes (5,220 miljoen) met ‘n skrale 251 100 ton verhoog.

Norm waarbinne die NOK moet skat

In Suid-Afrika het die graanbedryf ‘n norm/ grens vir die NOK gestel waarbinne die oesskattings moet wees, naamlik om vanaf die eerste tot die vierde skatting (Februarie tot Mei) nie meer as 8% vanaf die finale oes af te wyk en om vanaf die vyfde tot die agtste skatting (Junie tot September) nie meer as 5% vanaf die finale oes af te wyk nie.

Grafiek 3 dui die boonste en onderste aanvaarbare grens waar binne die NOK moet wees, aan. Indien die skatting (syfer) op ‘n groter afwyking as die toelaatbare norm/ grens dui, kan daar met retrospeksie na ‘n oor- of onderskatting verwys word.

Beste oesskatting in jare

In die grafiek kan gesien word dat die afgelope seisoen se skattings uitsonderlik goed gedoen is en dat die komitee binne die gestelde norme vir die afsonderlike skattings vir wit- en geelmielies was – vanaf Februarie tot en met die einde van die seisoen. Dit bring verder mee dat die totale mielie-oes vanaf die eerste skatting tot die finale skatting ook baie mooi tussen die voorgestelde norme beweeg het.

Slotsom

Hiermee wil ons die graanprodusente met die vertroue laat dat die NOK hulle beste gee om akkurate skattings daar te stel. Geen instansie in Suid-Afrika is beter as hulle vir hierdie taak gerat nie. Die afgelope seisoen se skattings kan as die beste in jare beskou word en Graan SA wil graag sy dank aan die NOK rig vir die belangrike taak waarmee hulle besig is.

Produsente word aangemoedig om, indien hulle nie alreeds aan die oesskattingsproses deelneem nie, asseblief die vraelyste wat aangestuur word, te voltooi. Indien jy nie die vraelys ontvang nie, kontak Rona Beukes, lid van die NOK, gerus by 012 319 8032 of stuur vir haar ‘n e-pos na ronab@daff.gov.za.

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) is 'n onafhanklike komitee van die Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye. Dit is nie 'n komitee van Graan SA nie.

Publication: March 2016

Section: Relevant

Search