• Login
  • Search Icon

Beskerm die vee-faktor

March 2011

DR DANIE ODENDAAL, VEEARTSNETWERK

Graanprodusente maak staat op die verkope en inkomste uit vee wanneer daar ‘n probleem met kontantvloei is. Soos hierdie jaar die geval is, met baie oeste wat deur te veel reën beskadig is. Maar omdat graanprodusente primêr fokus op die verbouing van kontantgewasse, is daar nie altyd die tyd om genoeg aandag aan die vee te gee nie.

Saam met die bo-normale reënval, het die insekte ook hierdie jaar toegesak en veeartse vanuit al die somerreënvalgebiede rapporteer ‘n baie hoë voorkoms van al die siektes wat deur insekte oorgedra word soos knopvelsiekte, drie-dae-stywesiekte, bloutong  en ook ‘n paar gevalle van slenkdalkoors in die Suid- en Oos-Kaap.

Rooiwater, wat deur die bloubosluis oorgedra word, is tans ook die grootste oorsaak van vrektes onder beeste.

Die groot probleem met al die siektes is dat daar baie min aan die situasie gedoen kan word sodra die siektes eers voorkom. Om produksieverliese en vrektes te voorkom, moet inenting baie meer aandag kry.

Sekere toestande, soos siektes wat deur die klostridium bakterieë veroorsaak word, ontwikkel só vinnig dat daar gewoonlik nie tyd is om die diere met antibiotika te behandel nie. Voorbeelde hiervan is bloednier in skape en sponssiekte in beeste.

Ander organismes het weer die vermoë om die dier te besmet en stadig te begin verdeel sonder dat dit die immuunstelsel stimuleer. Teen die tyd wat siektetekens waargeneem word, word die immuunstelsel eers gestimuleer, maar dan is dit reeds te laat om die dier se lewe te red. Rooiwater is ‘n voorbeeld hiervan.

Waar ‘n virus die oorsaak van die siekte is, is die gebruik van antibiotika as behandeling ook nie doeltreffend nie, want antibiotika kan nie virusse doodmaak nie. In sulke gevalle is die voorafinenting van die diere die enigste manier waarop die siektes beheer kan word. Bloutong in skape en knopvelsiekte in beeste is voorbeelde van virussiektes wat net deur voorafinenting voorkom kan word.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Mar%202011_Dieregesondheid.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: March 2011

Section: Other Articles

Search