• Login
  • Search Icon

Beplanning van veld noodsaaklik vir volhoubare produksie

December 2009

PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA
 
Veld- en kampbeplanning is ‘n integrale deel van plaasbeplanning. Dit is belangrik om die natuurlike veld só te beplan dat maksimum produksie volhoubaar gelewer kan word. Die  fisiese beplanning van die veld behels die onderverdeling van die veld in kampe, die voorsiening en korrekte plasing van waterpunte en hekke asook voorsiening van gange om, waar nodig, toegang tot sekere kampe te verleen.
 
Die onderverdeling van veld is nodig om:
·         Vee beter te beheer en te bestuur, sodat sekere groepe dan van mekaar geskei en afsonderlik gehou kan word.
·         Verder om stelsels van wisselweiding en wisselrus te kan toepas.
·         Weidiere te dwing om alle weiding optimal te benut deur te keer dat sekere dele van die veld oorbewei word,  terwyl ander dele vermy en onderbenut word.
 
Vir veld- en kampbeplanning is dit belangrik om die volgende faktore in gedagte te hou sodat kampdrade op die regte plekke gespan word. Van die belangrikste is die volgende:
 
Fisiografiese ligging
Diere wat ‘n vrye keuse het wat hulle weigebied betref, sal altyd veld teen ‘n noordelike en westelike helling verkies bo dié wat teen ‘n oostelike of suidelike hang geleë is. So ook is veld wat op plato’s geleë is gewoonlik minder smaaklik vir die dier as dié wat teen noordelike of westelike hange aangetref word. Vleie of waterbane word dikwels slegs in die
vroeë lente benut en daarna gewoonlik vermy.
 
Kliek op http://www.graansa.co.za/documents/SAGraan%20Des09_Veld%20beplanning.pdf vir die volledige artikel.

Publication: December 2009

Section: Wenartikels

Search