• Login
  • Search Icon

Beheer moeilike onkruid by mielies só

September 2010

ELBÉ HUGO, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Daar bestaan ’n persepsie dat sommige onkruidspesies soms net moeiliker beheer kan word as ander. Soms kan daar in land A een spesie moeiliker beheer word as in land B en doeltreffende beheer gaan ook wissel tussen seisoene.

Party seisoene kan ook gekenmerk word as ‘n “grasseisoen” waar produsente veral sukkel met hewige grasinfestasies en die beheer daarvan, ander kere gaan dit dalk ’n breëblaaronkruid wees wat moeilik beheer word in ’n spesifieke seisoen. Dit is hier waar kennis van die biologie van onkruidspesies egter handig te pas kom. Onkruid besit die vermoë om amper oral te kan oorleef en daar waar toestande gunstig is, veroorsaak dit groot kopsere vir die produsente.

Eerstens moet daar gekyk word na onkruid se vermoë om voort te plant. Kom ons neem kruisvinger (Digitaria sanguinalis) as voorbeeld. Een kruisvingerplantjie kan tot 180 000 sade produseer. Wanneer beheer nie doel treffend toegepas word deur die groeiseisoen nie, word daar letterlik miljoene saad gestort wat die volgende seisoen weer kan ontkiem en probleme veroorsaak (saadbank).

Sommige onkruid soos kweekgras (Cynodon dactylon) kan ook vegetatief (sonder saad) voortplant en daar waar ’n stukkie stingel (stolon) afbreek, groei ’n nuwe plantjie weer.

Tweedens is onkruidspesies meesters op die gebied van oorlewing. Die meeste onkruidsade kan vir jare in die grond bly en wanneer toestande gunstig is, ontkiem die sade en veroorsaak dit weer groot probleme.

Van die onlangse breëblaaronkruidspesies wat al moeiliker beheer word, sluit in rooiuintjies (Cyperus rotundus), geeluintjies (Cyperus esculentus) en Bengaalse wandelende Jood (Commelina benghalensis).

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%2010_Beheer%20onkruid.pdf    vir die volledige artikel.

Publication: September 2010

Section: Wenartikels

Search