• Login
  • Search Icon

Beginsels van onkruidbeheer in bewaringsboerdery

January 2011

ELBÉ HUGO, MARLENE VAN DER WALT, JEANETTA SAAYMAN-DU TOIT, LNRINSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Bewaringsboerdery is ‘n reeks van boerderybeginsels wat toegepas moet word eerder as ‘n enkele resep wat vir alle produsente sal werk. Dié beginsels staan hoofsaaklik op drie pilare, naamlik minimum of geen grondversteuring, wisselbou, asook die plant van dekgewasse wanneer produkgewasse nie op die lande is nie.

Die sukses van ‘n bewaringsboerderystelsel hang egter grootliks af van die grondtipe en reënval in ‘n betrokke area. Die meeste artikels of inligting wat beskikbaar is, konsentreer op die verminderde insetkostes wat bewaringsboerdery tot gevolg kan hê. Dit kan wel so wees dat bewaringsboerdery op die lang termyn besparing tot gevolg gaan hê, maar wat onkruidbeheer betref, sal kostes op die kort termyn heel moontlik styg.

Die rede hiervoor is dat bewerking hoofsaaklik gebruik is om strawwe onkruidinfestasies in produksiegebiede te beheer. Wanneer daar dus na bewaringsboerdery oorgeskakel word, word daar meer op chemiese onkruidbeheer staat gemaak as bewerking. Die doel van goeie onkruidbeheer in bewaringsboerdery is om die onkruidsaadbed só te verminder of uit te put dat dekgewasse, stoppel en wisselbougewasse onkruidbeheer optimaal sal bevoordeel.

‘n Paar slaggate van onkruidbeheer in bewaringsboerdery is die vestiging van stoppel of ‘n deklaag wat onkruiddodertoediening in die begin minder effektief gaan maak. Sistemiese onkruiddoders sal dan ‘n beter keuse wees om hardnekkige, moeilik-beheerbare onkruide te beheer. Die keuse van onkruiddoders sal ook deeglik oordink en beplan moet word, aangesien wisselbou ‘n integrale deel van bewaringsboerdery uitmaak.

Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Jan%202011_Onkruidbeheer.pdf   vir die volledige artikel.

Publication: January 2011

Section: Wenartikels

Search