• Login
  • Search Icon

'n Kykie na koringsaadpryse vir 2013

March 2013

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA

Die kies van die regte koringkultivar is kritiek belangrik om produksierisiko in koringproduksie tot ‘n minimum te beperk. In hierdie artikel word die jongste saadpryse wat in die mark beskikbaar is, met produsente gedeel sowel as wenke om seker te maak die beste word uit die saad geput.

Saadpryse

Graan SA het ‘n verskeidenheid van saad- en landboumaatskappye genader om hul koringsaadpryslyste vir die 2013-seisoen in hierdie uitgawe van SA Graan/Grain te publiseer.

Saadpryse het sedert verlede jaar met gemiddeld 9,8% gestyg. Vir die noordelike produksiegebiede het saadpryse met gemiddeld 6,4% gestyg, terwyl pryse in die Wes-Kaap met 17,9% toegeneem het.

Die inligting in die Tabelle neem nie kortings vir vroeë bestellings en grootmaat-aankope in aanmerking nie. Dit is belangrik om navrae by die saadmaatskappye self te doen om te verseker dat die beste moontlike prys beding word.

image

image

image

image

image

Kultivarkeuse

Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word wanneer kultivarkeuses uitgeoefen word, is die volgende:

  • Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van agronomiese eienskappe, plaag- en siekteweerstand, valgetal en gradering te versprei.
  • Moenie ‘n staatmaker-kultivar summier met ‘n nuwe en onbekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/onbekende kultivar eers op ‘n kleiner skaal aan en maak seker dat dit aan persoonlike vereistes voldoen.
  • Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se handleidings vir koringverbouing en verseker dat die kultivar onafhanklik geëvalueer en volgens eienskappe wat op die plaas belangrik is, presteer. Raadpleeg die betrokke kundiges indien inligting ontbreek of onsekerheid bestaan. Waak daarteen om ‘n ongetoetste kultivar aan te plant.

Saadkwaliteit is noodsaaklik

Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging van die gewas en op ‘n goeie oes. Koringsaad kan in drie kategorieë volgens kwaliteit verdeel word, naamlik:

Gesertifiseerde saad
Hoëkwaliteit saad waarvan belangrike eienskappe, soos kiemkragtigheid en suiwerheid, teen relatief streng norme deur saadmaatskappye gewaarborg word. Indien produsente probleme met gesertifiseerde saad ondervind, kan ‘n saak uitgemaak word wanneer ‘n eis ter sprake kom. Hierdie tipe saad word deur erkende saad- en landboumaatskappye verskaf.

Kommersiële saad
Saad van aanvaarbare tot goeie kwaliteit wat aan sekere vereistes van die Plantverbeteringswet voldoen. Die kwaliteitsvereistes is egter nie so streng soos vir gesertifiseerde saad nie.

In die geval van ‘n saadprobleem sal ‘n produsent hom tot die Registrateur van die Plantverbeteringswet kan wend. Dié tipe saad word ook deur erkende saadmaatskappye en landboubesighede verskaf.

Teruggehoude saad
Teruggehoude saad is graan wat deur produsente uit die vorige oes teruggehou is om as saad in die volgende seisoen te dien. Dit is wettig, solank die graan nie as saad verkoop word nie.

Produsente loop produksie- en opbergingsrisiko’s indien terug gehoude saad gebruik word. Enkele probleme wat ondervind word, is byvoorbeeld die muf van saad indien té klam gestoor word, kalanderskade indien nie berook is nie en swak ontkiemingsvermoë indien té warm opgeberg is.

‘n Produsent het geen eis of regsgronde ten opsigte van saadkwaliteit (en algemene prestasie van die kultivar) indien teruggehoude saad geplant word nie. Graan SA beveel nie die terughou van saad aan nie. Indien saad opgeberg word, behoort die saad volgens voorskrifte vir opberging skoongemaak, skoon en suiwer gehou, gedroog asook koel en droog opgeberg word. Beroking om kalanders en ander graanin sekte te beheer, moet gedoen word en dit moet veilig teen rotte en muise geberg word. Ontkie mings- en suiwerheidstoetse moet gedoen word voor aanplanting en die saad moet met geregi streerde plaagdoders teen saadgedraagde siektes behandel word.

Publication: March 2013

Section: Input Overview

Search