Markoorsig vir grane en oliesade
Market overview for grains and oilseeds
68
Market overview for grains and oilseeds
Markoorsig vir grane en oliesade
Market information
Markinligting
Access to the public
One of the prerequisites for the efficient functioning of the free market is access to information for all the
stakeholders involved. Access to information is especially important to the consumer and with respect
to food security. Timely information on prices and supply and demand, including import and exports will
ensure that prices will ration demand in favour of food availability. It will also ensure that food prices will
not be subjected to sudden increases in commodity prices. Likewise, price signals are important to flag
early enough to producers when supply needs to be increased in order to meet consumer demand. The
broadcast of information via podcasts in languages such as isiXhosa, TsiVenda, Sesotho, English and
Afrikaans, as well as SMS messages on prices were introduced during the reporting period. Bearing
witness to the importance of accessible market information is the following comments received from
the government, media and industry on the accessibility, objectiveness and accuracy of the market
information published by Grain SA:
“We use the information as an important reference in the compilation of the monthly Food Security
Bulletin for the Southern African Development Community (SADC).” –
DAFF
“It is important that this information is processed and made available by an independent source,
such as Grain SA.” –
Silo owner
Toegang tot die publiek
Een van die voorvereistes vir die doeltreffende funksionering van die vrye mark is toegang tot
inligting vir al die belanghebbendes betrokke. Toegang tot inligting is veral belangrik vir die
verbruiker en vir voedselsekerheid. Tydige inligting oor pryse en vraag en aanbod, insluitend
invoere en uitvoere, sal verseker dat pryse vraag ten gunste van voedselbeskikbaarheid sal
rantsoeneer. Dit sal ook verseker dat voedselpryse nie aan skielike stygings in kommoditeitspryse
onderhewig sal wees nie. Op dieselfde manier is prysseine belangrik om produsente vroeg genoeg
bewus te maak van wanneer aanbod verhoog moet word om in verbruikersvraag te voorsien. Die
uitsaai van inligting deur middel van poduitsendings in tale soos isiXhosa, TsiVenda, Suid-Sotho,
Engels en Afrikaans asook SMS-boodskappe oor pryse is tydens die verslagtydperk bekend
gestel. Die volgende kommentaar oor die toeganklikheid, objektiwiteit en akkuraatheid van die
markinligting wat deur Graan SA gepubliseer is, is van die regering, media en bedryf ontvang en
dien as getuienis vir die belangrikheid van toeganklike markinligting:
“Ons gebruik inligting as ‘n belangrike verwysing in die samestelling van die maandelikse Voedsel-
sekerheidsbulletin vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).” –
DAFF
“Dit is belangrik dat hierdie inligting verwerk en deur ‘n onafhanklike bron, soos Graan SA,
beskikbaar gestel word.” –
Silo-eienaar
“Die gesprekke en inligting oor internasionale markte en produksietoestande is akkuraat en
onmisbaar.” –
Safex-makelaar
“Ja, ons is reeds by CEF geregistreer, maar geniet die insig oor die daaglikse verslag oor
brandstofprysverwagtinge op die Graan SA-webtuiste ook.” –
Oil and Gas Media House
“Dit is gewoonlik die eerste bron wat ek raadpleeg as ek oor die graan- en oliesademarkte moet
verslag doen en om deurlopend op hoogte te bly, lees ek die oggend- en middagverslae wat
daagliks per e-pos uitgestuur word.” –
Agricultural Media House
Daaglikse inligting
Die leesbaarheid van die oggend- en middagmarkverslae oor graan en oliesade is verbeter om ‘n
daaglikse verslag oor veranderinge in die kommoditeitsmarkte te verskaf wat maklik is om te volg.
Die verslagdoening oor markinligting is uitgebrei tot ‘n daaglikse middagverslag en sluit vry-aan-
boord- (v.a.b.-) pryse, pariteitsprysaanwysers, binnelandse basispremies en die daaglikse Safex
MTM-pryse in. Die verskaffing van hierdie verslae in ‘n PDF-formaat het die bruikbaarheid daarvan
Die uitsaai van
inligting deur middel
van poduitsendings
in tale soos
isiXhosa, TsiVenda,
Suid-Sotho, Engels
en Afrikaans asook
SMS-boodskappe
oor pryse is
bekend gestel.
1...,60,61,62,63,64,65,66,67,68,69 71,72,73,74,75,76,77,78,79,80,...168