Markoorsig vir grane en oliesade
Market overview for grains and oilseeds
70
Market information (continued)
Market overview
The JSE Overall Share Index (
Figure 2
) was 20% higher in October 2013 than a year ago, while the
gold price and Brent crude oil prices decreased by 26% and 3% respectively.
The USA Federal Reserve’s decision not to taper stimulus measures led to a weaker dollar compared
to the euro. Consequently, this increased the competitiveness of the USA agricultural commodities in
the export markets, while the recovery of production and harvest pressure in the USA leads to price
pressure for global commodity prices. Since October 2012, Chicago Board of Trade (CBOT) corn,
soybean and wheat prices decreased by 33%, 14% and 10%, respectively. The drought in Argentina
and unfavourable conditions during the harvesting of crops in the Black Sea countries provide
underlying price support for wheat and oilseeds.
Additionally, the weak rand supported the domestic prices for commodities. Since October 2012, the
rand depreciated by 13,6% against the dollar (
Figure 2
). The factors leading to the rand’s depreciation,
includes the negative balance of payments, labour unrest, low economic growth, high unemployment
rate, political climate and policy uncertainty.
Summer grain
Macro-economic factors and strong import demand in the Southern Africa region led JSE prices for
sorghum to trade at R3 450 per ton in October, which is 10% higher compared to a year ago. Due
to insufficient production, South Africa may need to import 55 000 tons of sorghum, while exports to
Botswana is expected to reach 40 000 tons.
At the same time, white maize prices traded at R2 354 per ton, which is 4% lower than a year ago. Yellow
maize prices traded at R2 149 per ton, which is 12% lower than a year ago (
Figure 3
). During October
2013 the futures prices for delivery in July 2014 were 8% lower for white maize and 10% lower for yellow
Markoorsig
Die JSE se Oorkoepelende Aandele-indeks (
Figuur 2
) was in Oktober 2013 20% hoër as ‘n jaar
vantevore, terwyl die goudprys en Brent ruolieprys onderskeidelik met 26% en 3% gedaal het. Die
VSA se Federale Reserwebank se besluit om nie stimulusmaatreëls te verminder nie, het tot ‘n
swakker dollar vergeleke met die euro gelei. Dit het gevolglik die mededingendheid van die VSA se
landboukommoditeite in die uitvoermarkte verhoog, terwyl die herstel van produksie- en oesdruk in die
VSA tot prysdruk vir wêreldwye kommoditeitspryse lei. Sedert Oktober 2012 het die Chicago Board
of Trade (CBOT) se mielie-, sojaboon- en koringpryse met onderskeidelik 33%, 14% en 10% gedaal.
Die droogte in Argentinië en ongunstige toestande tydens die oes van gewasse in die Swartsee-lande
verskaf onderliggende pryssteun vir koring en oliesade.
Die swak rand het verder ook die binnelandse pryse vir kommoditeite ondersteun. Sedert Oktober
2012 het die waarde van die rand met 13,6% teen die dollar gedaal (
Figuur 2
). Die faktore wat tot die
waardedaling van die rand gelei het, sluit die negatiewe betalingsbalans, arbeidsonrus, lae ekonomiese
groei, die hoë werkloosheidsyfer, politieke klimaat en beleidsonsekerheid in.
Somergraan
Makro-ekonomiese faktore en sterk invoervraag in die Suider-Afrikaanse streek het daartoe gelei dat
JSE-pryse vir sorghum in Oktober teen R3 450 per ton verhandel het, wat 10% hoër is as ‘n jaar gelede.
As gevolg van onvoldoende produksie sal Suid-Afrika dalk 55 000 ton sorghum moet invoer, terwyl
uitvoere na Botswana na verwagting 40 000 ton sal bereik.
Terselfdertyd het witmielies teen R2 354 per ton verhandel, wat 4% laer is as ‘n jaar gelede. Geelmielies
het teen R2 149 per ton verhandel, wat 12% laer is as ‘n jaar gelede (
Figuur 3
). In Oktober 2013 was
die termynkontrakprys vir lewering in Julie 2014, 8% laer vir witmielies en 10% laer vir geelmielies as ‘n
jaar vantevore. As gevolg van oesdruk in die VSA en ‘n verwagte herstel in mielievoorraad wêreldwyd,
het die wêreldwye pryse vir mielies in Oktober 2013 prysdruk ervaar.
In Oktober 2013 is die teiken vir die totale Suid-Afrikaanse oordragvoorrade vir wit- en geelmielies
vir die 2013/2014-bemarkingsjaar 1 126 000 ton, vergeleke met 1 417 000 ton in die vorige
bemarkingsjaar. Die totale surplus bokant die pyplyn was 14 000 ton, vergeleke met 307 000 ton die
vorige jaar. Voorraadvlakke was dus reeds ná ses maande van die bemarkingsjaar op gelykbreekvlak
Markinligting (vervolg)
Die swak rand
het verder die
binnelandse pryse
vir kommoditeite
ondersteun.