SA Graan April 2014 - page 70

April 2014
68
Bakteriese blaarstreep:
‘nGebrek aan kennis kan lei tot kommer
D
ie veroorsakende patogeen van bakteriese blaarstreep is
Xanthomonas campestris
pv. zeae. Hierdie siekte is die
eerste keer in 1949 inSuid-Afrika gerapporteer. Tot dusver
ismielies (
Zeamays
) die enigstebekendegasheer.
Voorkoms en verspreiding
Daar is tans min inligting beskikbaar oor hierdie siekte. Bakteriese
blaarstreep is tot dusver nog net in Suid-Afrika aangemeld en kom
hoofsaaklik in warm, droë mielieproduksiegebiede (
Figuur 1
) voor,
soosdieNoordwesProvinsie,Noord-Vrystaat en suid-westelikedele
vanGauteng.
Dit is ook al opgemerk in sekere saadproduksiedele van die land.
Daar is die afgelope paar jaar ‘n toename in die erns en voorkoms
vanbakterieseblaarstreep inmielies endit is dus vir ons vanbelang
omhierdie siekte tebestudeer ombeheerstrategieë tebepaal.
Die siekte iswisselvallig en daar is groot seisoenseffekte opgemerk
rakende die siektegraad. Navorsing is tans onderweg om die siekte
sepotensiëleopbrengsverlieseoor tyd tebepaal.
Ekonomiese belangrikheid en
epidemiologie
Bakteriese blaarstreep kan in sommige gevalle tot 40% voortydige
verbruining en uitdroging van blare tot gevolg hê (
Foto 1
), wat
moontlik tot verliese in graanopbrengs kan lei. Tot op hede is ver-
lies aan opbrengs as gevolg van bakteriese blaarstreep nog nie
gekwantifiseer nie.
Daar is min bekend oor die epidemiologie van die siekte. Baie be-
spiegelings bestaan, maar min gepubliseerde bewyse van die ver-
skeie faktorewat die siektesiklus beïnvloed nie. Tansmaak ons staat
opobservasiesendie kleinbietjienavorsingwat daaropgedoen is.
Bakteriese blaarstreep kan moontlik vir ‘n hele aantal maande
in oesreste oorleef en dus jong mielieplante infekteer wanneer
omgewingstoestande gunstig is. Bykomende bronne van inokulum
kan in besproeiingswater asook reën teenwoordig wees. Die
patogeen kan ook versprei deur plantluise, wind enwanneer plante
metmekaar inaanrakingkomasgevolgvanwind, diere,meganisasie
enmenslikebeweging.
Ons is tot dusver nog nie seker of hierdie bakterie saadgedraagd is
nie. Dit houbelangrike ekonomiese implikasies in vir die saadbedryf
en kommersiële uitvoere na ander lande toe. Primêre infeksies vind
plaas in saailinge, terwyl sekondêre infeksies plaasvind op jonger
blare tydens diegroeiproses.
Bakterie sal die blaar binnedring deur ‘n natuurlike opening, soos
huidmondjiesendit isduswaarskynlikdat diehoogste infeksie indie
middel van die dag sal plaasvind wanneer huidmondjies heeltemal
oop is. Kort nadat letsels ontwikkel, vorm bakteriese uitskeidings
op die letsels. Verdere navorsing is nodig om die verspreiding van
die patogeen asook die moontlikheid van saadgedraagdheid beter
te verstaan.
Simptome
Simptome kan tydens alle groeifases van diemielieplant in die veld
waargeneem word, alhoewel dit meer intens is tydens of net na
blom. Aanvanklike blaarsimptome is donkergroen, oliedeurdrenkte
strepe. Letsels is aanvanklik klein, maar vergroot later om smal,
geelverkleurde (
Foto 2
), deurskynende strepe van 2 mm tot 3 mm
wydoor dieheleblaar te vorm.
Dit is waar vroeër infestasies op jong plante voorkom en waar
fotosintese ingeperk word wat latere graanvul negatief beïnvloed.
Bakteriese blaarstreep kan maklik verwar word met grysblaarvlek
vanmielies. Grysblaarvlek en bakteriese blaarstreepword deur are
indieblaar beperk. Grysblaarvlekletsels het
‘n reghoekige voorkoms (
Foto 3
), terwyl
bakteriese blaarstreep se letselrande meer
oneweredig is.
Dit word ook soms verwar met sonbrand-
skade (
Foto 4
) wat op sekere kultivars
voorkom. Bakteriese blaarstreepletsels sal
naderhand inmekaarvloei om verlengde
kolleof strepe te vormwat bruin tot gryswit
kan vertoonmet ‘ngeel rand.
Blare wat erg besmet is met bakteriese
blaarstreep sal uitmekaar uit skeur en dit
sal dan soos haelskade lyk. Die maklikste
manier ombakterieseblaarstreepuit te ken,
is deur bakteriële uitskeidings in die vorm
van klein druppeltjies wanneer blare nat is
of tydens periodes vanhoëhumiditeit.
Beheermaatreëls
Omdat daar min inligting oor bakteriese
blaarstreep beskikbaar is, is dit moeilik
om spesifieke beheermaatreëls neer te
pen. Daar word tans navorsing deur die
OP PLAASVLAK
Blaarstreep /Mielies / Verbruining / Strepe
Plaagbeheer
BELINDA JANSEVANRENSBURG
en
BRADLEY FLETT,
LNR-Instituut vir Graangewasse
Figuur 1: ‘n Kaart wat die verspreiding van bakteriese blaarstreep aandui in die Suid-Afrikaanse
mielieproduksiegebiede.
Kaart: J. Nienaber, 2014
1...,60,61,62,63,64,65,66,67,68,69 71,72,73,74,75,76,77,78,79,80,...92
Powered by FlippingBook