SA Graan April 2014 - page 66

April 2014
64
Bestuur landboukundige insekplae suksesvol
met voedselsekerheidas oogmerk
D
ie versekering van voedselseker-
heid is tans een van die grootste
uitdagings in die landbou. Die
menslike populasie word tans as
7,122miljard gereken en in die toekoms sal
daar ‘n 70% toename in voedselproduksie
moet wees om ‘n geraamde populasie van
9,2miljard in 2050 te voed.
Vir produsente, wetenskaplikes, ekonome
en politici behoort voedselsekerheid vir
‘n groeiende populasie ‘n prioriteit in
besluitneming tewees.
Plaaginsekte is vandag een van die groot-
ste kopsere in die landbou wat voed-
selsekerheid bedreig. Dit is egter nie ‘n
onlangse probleem nie. Sedert die begin
van landbou, sowat 10 000 jaar gelede,
kompeteer produsente met skadelike
insekplae. Net soos abiotiese faktore (tem-
peratuur, water en sonlig) het biotiese
faktore die potensiaal om gewasproduksie
drasties te verlaag.
Hoekom is insekte so ‘n
groot probleem in die
landbou?
Insekte is een van die mees aanpasbare
organismes op aarde en die diversiteit van
plaaginsekte is gedurig besig om uit te brei
en te verander. Hulle is klein en het kort
lewensiklusseenkandusvinnigvermeerder
enmaklik versprei na nuwegebiede.
Landboukundige plae word deur beide
menslike aktiwiteite en natuurlike prosesse,
soos wind versprei, maar daar word ge-
meen dat internasionale vervoer die hoof-
verspreidingsmeganisme is. Daar is ook
gewoonlik ‘n verskeidenheid van gas-
heerplante waarop insekte kan oorleef
en wanneer een voedselbron nie meer
beskikbaar is nie, kanhulleop ‘n ander bron
oorleef totdat die hoofvoedselbron weer
beskikbaar is.
Om die situasie nog meer te kompliseer,
ontwikkel daar nuwe biotipes van insekte
wat beter aangepas is by ‘n veranderde
omgewing en nuwe gasheerplante. Soos
die omgewing verander, as gevolg van ‘n
veranderende klimaatmet hoër temperature,
vergroot diediversiteit enverspreidingstreek
waarin insekte voorkom. Insekte kan dan
suksesvol oorleef in gebiede waar hulle nie
voorheen voorgekom het nie en plaagstatus
bereikopnuwegewasse.
Hoe kan hierdie insekte
suksesvol bestuurword?
Biodiversiteit is ‘n belangrike faktor in
landbouproduksie en voedselsekerheid as-
ook noodsaaklik vir omgewingsbewaring.
Prominente patrone in die ontwikkeling
van landbou het biodiversiteit afgebreek,
soosbyvoorbeelddiegenetiesebronne van
plante, insekte engrondorganismes.
Hierdie prosesse het ekonomiese verliese
veroorsaak en ook produktiwiteit en voed-
selsekerheid bedreig wat uiteindelik gelei
het totgroter sosialekoste.Diesogenaamde
“groen rewolusie” is een van die grootste
bydraende faktore tot die afbreek van
biodiversiteit, aangesien die paradigma die
aanplant van monokulture aanmoedig. Die
oormatige gebruik van chemiese plaag-
doders het gelei tot die afbreking van
diversiteit by organismes wat belangrike
ekosisteemfunksies verrig, soos predatore,
parasiete, patogene enontbinders.
In die VSA word die jaarlikse waarde van
natuurlike biobeheer “dienste” wat deur
hierdie organismes gelewer word, tussen
$4,5 miljard en $17 miljard beraam. Die
gebruik van agro-chemikalieë en sekere be-
werkingspraktyke het ‘n afname in grond-
diversiteit veroorsaak wat gelei het tot
verswakte grondvrugbaarheid en produk-
tiwiteit.
Monokulture skep ‘n ideale habitat vir her-
bivoriese insekplae endie afname ingrond-
vrugbaarheid veroorsaak ‘n afname in die
gesondheid van die plante wat vatbaarheid
vir skade deur hierdie insekte se voeding
verhoog. In die afwesigheid van natuurlike
vyande kan hierdie insekte ook meer
suksesvol vermeerder en plaagstatus be-
reik. Dit word dan ‘n bose kringloop waar
meer chemikalieë gebruik word, wat dan
biodiversiteit verder afbreek.
Om biodiversiteit en landbou te vereen-
selwig, is ‘n groot uitdaging. Daar moet ‘n
holistiese benadering gevolg word in plaas
van om simptome te behandel soos dit
opduik. Verandering is op alle vlakke nodig
vanaf die verandering in staatsinstellings
en institute tot die toepassing van nuwe
praktyke op plaaslike vlak deur gemeen-
skappe en produsente. Die toepassing van
agro-ekologiesebeginselswatbiodiversiteit
opplase sal bewaar, benut enbevorder (ook
bekend as bewaringsbiologiese beheer), is
noodsaaklik.
OP PLAASVLAK
Insekplaag / Voedselsekerheid /Uitdagings / Biodiversiteit
Plaagbeheer
ASTRID JANKIELSOHN,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
1: ‘nVolwasse liewenheersbesie.
2: ‘n Insekpredator op ‘ngeskiktegasheerplant, sooswurmkruid.
3:Monokultuurmielies.
1
2
3
1...,56,57,58,59,60,61,62,63,64,65 67,68,69,70,71,72,73,74,75,76,...92
Powered by FlippingBook