SA Graan April 2014 - page 60

April 2014
58
OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Diebewerkingswatop ‘n landgedoenwordsalookdeurdiepotensiaal
asook fisiese eienskappe bepaal word. As ‘n land byvoorbeeld ‘n
verdigtinghet, sal alles inhul vermoëgedoenwordomdie verdigting
op tehef. Sulkebesluitewordvir elke landgeneemen so aangeteken.
Hier speel die spanleiers ‘ngroot rol indie rekordhoudingvanaksies.
Pauciflora Boerdery sien onkruid as ‘n faktor wat die boerderyrisiko
verhoog. Alles binne perke word gedoen om seker te maak dat
onkruide tydig en effektief bestry word. Omdat hierdie boerdery in
‘n wisselbousisteem is, word behoorlik rekord gehou van wat waar
geplant is enwat waar geplant gaanword.
Op dié manier word seker gemaak dat onkruiddoderskade tot die
minimumbeperkword.
Bemarking
Produksie sonder goeie verskansing en bemarking help niks nie.
Dirk en Herman maak gebruik van ‘n landboukonsultant om hul
by te staan in die verskansing en bemarking van hul grane. Totale
produksiekoste word gebruik om die prysvlakke van verskansing
te bepaal. Omdat winsgewendheid so ‘n belangrike rol speel, word
daar volledigegewasbegrotingsopgestel wat ook helpom tebepaal
hoeveel vanwatter gewas geplantmoet word.
Herman is ‘n man vir nuwe tegnologie. Die ou, bestaande
boerderypraktyke word weer oordink en voortdurend getoets.
Inligting word hoofsaaklik oor die internet bekom en plaaslik in
proewe getoets. Die resultate van hierdie proewe word jaarliks
tydens boeredaemetmedeprodusentegedeel.
Hermanprobeerdienuutste tegnologie indieboerdery implementeer
enhulledoenalles inhul vermoëomhierdie tegnologieoptimaal aan
te wend. Oor dié rede word toerusting gereeld vervang en arbeid
opgelei om sodoende die beste resultate van die tegnologie te
verkry. Effektiwiteit, doeltreffendheid en loopkoste word vergelyk
voor hullebesluit watter toerusting aangeskaf word.
Ten einde te kan voortbestaan en te bly produseer, is dit vir Dirk en
Herman belangrik dat daar politieke bestendigheid in die landmoet
wees. Produsentemoet toegelaatwordomhul taaknadiebestevan
hul vermoë uit te voer en allesmoontlikmoet gedoenword om die
winsgewendheid vandieprimêre landbousektor te verseker.
Met goeie landbouwinste en bestendige eiendomsregte kan nuwe
toetreders dit in die landbousektor waag en soos Dirk ‘n reuse-
suksesmaak.
As jy graagmeer oor hierdie boerdery tewetewil kom, kontak Dirk
by 082 780 7784of PietmanBothaby 082 759 2991.
Leer en gee van jouself
– dísPauciflora se suksesresep
7
Die sukses van ‘n jaar sewerkbeland indie tenk.
1...,50,51,52,53,54,55,56,57,58,59 61,62,63,64,65,66,67,68,69,70,...92
Powered by FlippingBook