SA Graan April 2014 - page 63

Wat is die beheermaatreëls vir
aϐlatoksiene ingrondbone?
A
spergillus flavus
en
A. parasiticus
is twee ekonomies
belangrike swamme wat in Suid-Afrika voorkom en kan
‘n mikotoksien, genaamd aflatoksien, in grondbone pro-
duseer.
A. flavus
produseer aflatoksien B
1
en B
2
, terwyl
A. parasiticus
aflatoksienB
1
, B
2
, G
1
, enG
2
kanproduseer.
Aflatoksien word geproduseer wanneer grondbone voor-oestyd
met
A. flavus
of
A. parasiticus
besmet word asook na-oes tydens
onvoldoende berging. Ongunstige omgewingstoestande, soos
byvoorbeeld temperatuurskommelinge, droogte, reën, relatiewe
humiditeit en insekskade verhoog die potensiaal vir aflatoksien-
besmetting vangrondbone indie land.
Tydens die oes- en bergingsproses kan skade aan grondboondoppe,
swak lugsirkulasie, insekinfestasies en swak sanitasie aflatoksien-
produksie bevorder. Suid-Afrikaanse wetgewing bepaal dat die
maksimum toelaatbare vlak van aflatoksien B
1
in grondbone
en grondboonprodukte, vyf dele per miljard vir menslike gebruik
kanbevat.
Die rede vir die streng wetgewing is die negatiewe effekte wat
aflatoksien op mens en dier uitoefen en om te verhoed dat dit in
kos en voer beland. Navorsing het bewys dat aflatoksien immuniteit
onderdruk, karsinogenies (veroorsaak veral lewerkanker) kan wees
en selfsDNAop sellulêre vlak kan verander.
Simptome
Geel (
Foto 1
) tot olyfgroen swamgroei ontwikkel op die sade
(
Foto2
) enkanselfsdiesaadheeltemal oorgroei (
Foto3
).Somtyds is
swamgroei slegs tussendie saadlobbe sigbaar (
Foto4
) enkannieop
heel sadewaargeneemwordnie.Beskadigingvanpeuledeur insekte
en meganiese skade bied ook ‘n ingangspunt vir
Aspergillus
spp.
besmetting.
Beheermaatreëls – voor-oes
Ontleed grond om sodoende optimale bemesting te verseker
sodat plantgesondheid endusweerstandbevorder kanword.
Paswisselbou toeomdie
Aspergillus
spp. inokulum indiegrond
te verminder.
Ligter, sanderige grond is gunstiger vir
Aspergillus
spp.
ontwikkeling, veral onder droë toestande.
Swaarder grond met ‘n beter waterhouvermoë is minder
geneig om te lei tot droogtestres (wat bydra tot die gevaar van
aflatoksienbesmetting). Besproeiing kandroogtestres beperk.
Selekteer kultivars wat plaaslik aangepas is en doen navraag
rondommoontlikeweerstandbiedendheid.
Optimale aanbevole plantspasiëring tussen rye is belangrik
omdat digte populasies kan lei tot droogtestreswat voordelig is
vir aflatoksienproduksie.
Beheer onkruidwatmeeding vir vog indiegrond.
Beheer insektewat swamsporenadiegrondboonpeule en -pitte
kan versprei.
Beheermaatreëls – na-oes
Optimaliseer oestyd aangesien grondboonplante wat te laat
geoes word, of grondbone wat onderontwikkel is, kan lei tot ‘n
groter voorkoms van aflatoksienbesmetting.
Oes hoë-risiko plante (wat besmet is met peste, patogene of
beskadig is) apart van laer risikoplante.
Beperk beskadiging van die peule en sade tydens oes, berging
en verspreiding aangesien dit tot verhoogde
Aspergillus
spp.
infeksie kan lei.
Diedroogprosesmoet sovinnigasmoontlikafgehandelworden
sade gebergwordmet dieminimum vreemdemateriaal, insekte
en swamme.
Probeer ekstra vog bekamp wat kan lei tot aflatoksien-ontwik-
keling.
Kyk gerus uit vir die
Grondboonproduksiehandleiding
wat tans deur
die LNR-Instituut vir Graangewasse opgedateer word. Inligting
rakendegrondboonsiektessal ook indiehandleidingbespreekword.
Vir verdere inligting rakende mikotoksiene of grondboonsiektes,
kontak gerus vir dr Belinda Janse van Rensburg
of me Alana Pretorius by 018 299 6100. Me
Loureine Salomon is beskikbaar vir navrae rondom
grondboonproduksiekwessies.
BELINDA JANSEVANRENSBURG,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1:Geel swamgroei ontwikkel op ‘ngrondboonpit.
Foto: Dr. P.S. vanWyk
2:
Aspergillus
spp. besmetting vanbehandeldegrondboonsade.
Foto: Dr. P.S. vanWyk
3:Grondboonpeul- en saadwordheeltemal oorgroei deur
Aspergillus
.
Foto: Dr. P.S. vanWyk
4:
Aspergillus
-swamgroei sigbaar tussen lobbe.
Foto: Dr. P.S. vanWyk
1
2
3
4
61
April 2014
OPPLAASVLAK
Aflatoksien /Grondbone / Swamme /Mikotoksiene
1...,53,54,55,56,57,58,59,60,61,62 64,65,66,67,68,69,70,71,72,73,...92
Powered by FlippingBook