SA Graan April 2014 - page 78

April 2014
76
OP PLAASVLAK
Let op hierdie beginsels
D
it wil voorkom of elke saadmaatskappy, landboubesigheid,
studiegroep en produsent hulle eie kultivarproewe doen.
Almal roem hulle op die statistiese uitvoering van die
proewe, maar daar is meestal min ooreenstemming in die
onderskeie stelle “proefdata”wat gegenereerword.
Wat is die rede hiervoor? Dieselfde kultivars word tog getoets en
soortgelyke resultate kan tog seker verwag word. Die vraag wat
egter gevramoet word, is:Wie se resultate kangegloword?
Dit is belangrik om die volgende beginsels te verstaan om geldige,
akkurate enbruikbareproefresultate tebevestig.
Standaardisering van eksperimentele
prosedures
Voordat besluitneming op grond van proefresultate geneemword,
verseker dat alle beheerbare faktore, wat insluit saadvoorbereiding,
aanplantings, onderhoudendieoesvanproefpersele, gestandaardi-
seer is.
Veral van belang is die gebruik van saadbehandelingsmiddels wat
bewys is om plantfisiologie, siektevoorkoms en opbrengsprestasie
te beïnvloed. As verskillende saadbehandelingsmiddels dus op
kultivars in ‘n gegewe proef gebruik is, sal die genetiese prestasie
vanonbehandeldesaad teendiegekombineerdeeffekvangenetiese
potensiaal plus die voordele van die spesifieke saadbehandeling
getoetsword.
Koringproewe deur Sensako het bevestig dat saadbehandelings
gemiddelde opbrengste met tot 6% verhoog het teenoor onbe-
handelde kontroles.
Dus inproewewaaraldiekultivarsniemetdieselfdemiddelbehandel
is nie, word objektiewe genetiese potensiaal nie gemeet nie. Saad-
behandelings kan ‘n positiewe, negatiewe of selfs geen effek op
sekere kultivars uitoefen. As die kritieke inligting nie gepubliseer
is of nie geredelik beskikbaar is nie, moet resultate versigtig oor-
weegword.
Statistiesebruikbaarheid vandie resultate
Statistiesebruikbaarheidvan resultate,wat insluit diekoëffisiënt van
variasie van proefdata (KV%) van elke proef moet ondersoek word.
Die KV% of koëffisiënt van variasie dui diemate van variasie tussen
die herhalings van ‘n inskrywing indie proef aan. Hoe laer dieKV%,
hoe hoër is die genetiese uitdrukking van die eienskap waarvoor
getoetsword.
Indien die KV% hoog is of glad nie gerapporteer word nie, moet die
resultate bevraagtekenword. Anders gestel, hoe laer die KV%, hoe
beter. Ingraanopbrengsproeweword ‘nKV%van<15%en<10%vir
droëland- enbesproeiingstoestande as aanvaarbaar beskou.
Interpretasie van die proefresultate
Die kleinstebetekenisvolleverskille (KBV) dui die reeks van resultate
aan waartussen daar geen statistiese verskille tussen die inskry-
wings voorkomwat in die reeks val nie. Wanneer resultate vergelyk
word, kyk na die KBV-waardes en die verskille tussen inskrywings
ennienadie rangordenie.
Die gebruik van rangordes ismisleidend en nie statisties korrek nie,
want dit gee die indruk dat kultivars wat verskil in rangorde, ook
verskil in opbrengs, alhoewel die verskille betekenisvol kanwees al
dannie.
As die resultate van die Nasionale Kultivarproewe vir die Swartland
(2013) ondersoek word, word dit duidelik dat daar geen statistiese
verskille tussen die boonste vyf tot ses kultivars gebaseer op
rangordeoor verskeie jarewas nie.
NasionaleKultivarevalueringsprogram
Die doel van dieNasionale Kultivarevalueringsprogram is om objek-
tiewe resultate van koringkultivars te verskaf waar alle beheerbare
faktore wat data kon beïnvloed het, uitgeskakel is. Die resultate
bly belangrik omdat dit vir bemarking asook besluitneming ge-
bruikword.
Aandagwordopdie volgendegevestig:
In die afgelope drie seisoene is voorafbehandelde saad deur
saadmaatskappye vir aanplantings in die Nasionale Kultivar-
evalueringsprogram verskaf. Proefaanplantings was dus nie
gestandaardiseer nie omdat verskillende saadbehandelings-
middelsgebruik is. InFebruarie2013 isdieoorsig inproefprotokol
aan die Nasionale Kultivarprogramkomitee tydens die jaarlikse
vergadering gerapporteer en dit is genotuleer dat in alle
proewe voortaan slegs onbehandelde saad gebruik sal word.
Saadmaatskappye ignoreer die besluit deur weer behandelde
saad te verskaf vir die volgende plantseisoen. Die oorsig is ook
in Februarie 2014 gerapporteer, maar die proefresultate word
steeds gepubliseer. Volgens die bespreking hierbo is die gevolg-
trekkingdat die resultatebevooroordeeld isendusnieobjektiewe
kultivar-opbrengsreaksiesweergeenie.
Die verouderde statistiese uitleg vanproewe deur dieNasionale
Kultivarevalueringsprogram, moet met meer effektiewe en
moderne proefontwerpe vervang word, wat betekenisvol
kan bydra tot vermindering van variasie in data en verhoogde
akkuraatheid indiemeting vangenetiese reaksies.
Proefresultate plaas inskrywings in rangorde, wat misleidend
kanwees tensyKBV-waardes aangedui word.
Kyk ten slotte hierna
Betroubare en objektiewe proefresultate bly belangrik in die be-
sluitneming oor kultivarkeuse, wat opbrengs, graankwaliteit asook
stabiliteit in opbrengsreaksie oor jare en lokaliteite insluit. Voordat
besluitegebaseer opproefresultatemet vertrouegeneem kanword,
maak seker dat:
Alle beheerbare faktore in proefuitvoering gestandaardiseer
was, anders is resultatenieobjektief nie.
Verseker die statistiese aanvaarbaarheid soos die KV% van
die proefresultate. (Nota: ‘n Lae KV% dui nie ander nie-ge-
standaardiseerde praktyke aan nie en dit kanmoontlikwees om
‘n laeKV% in ‘nproef tekry,maar verskillendesaadbehandelings
is steeds toegepas).
KBV-waardes vir elkemetingmoet aangeduiwees endieplasing
van kultivars volgens rangorde kanmisleidendweesomdat daar
menige kere geen betekenisvolle verskille tussen die eerste en
laer geplaasde inskrywings isnie. Inskrywingsmoet gegroepeer
word in reekse volgens dieKBV-waardes.
FRANCOISKOEKEMOER,
Sensako
Produk-inligting
Saad
1...,68,69,70,71,72,73,74,75,76,77 79,80,81,82,83,84,85,86,87,88,...92
Powered by FlippingBook