SA Graan April 2014 - page 64

April 2014
62
Weesbewus van
peulaalwurmsimptomeopgrondbone
U
it die oogpunt van ‘n navorser,
bied peulaalwurm (
Ditylenchus
africanus
) een van die grootste
uitdagings in die mikroskopiese
wêreld van nematologie. Uit die oogpunt
van die grondboonbedryf, is dit een van
die taaiste tameletjies wat nie net kwali-
teitsverlies-kopsere veroorsaak nie, maar
ook ‘nhelepaar gate ingeldsakke laat.
Beide navorsers en die bedryf probeer dus
hierdie kalant hokslaan, met wisselende
sukses.
Hierdie artikel is daarop gemik om dit
makliker te maak vir die produsent en die
grondboonbedryf om die simptome van
peulaalwurminfestasie te herken en om
ook inligting te gee oor die vordering van
navorsing rakendediepeulaalwurm.
Agtergrond van die
peulaalwurm
Peulaalwurm is toevallig vir die heel eerste
keer in 1987 op ‘n plaas in die Schweizer-
Reneke-distrik geïdentifiseer op grondbone
wat hewig beskadig was. Oorspronklik het
dit gelyk of dit dieselfde aalwurm is wat
blombolleenaartappels inEuropaaanval en
is as
Ditylenchus destructor
geïdentifiseer.
Wat snaaks was, is dat hierdie tipe skade
toe nog nie in Europa op grondbone
geïdentifiseer is nie. Dit het die navorsers
by die LNR-Instituut vir Graangewasse
(LNR-IGG) verder snuf in die neus laat
kry omdat hierdie einste Suid-Afrikaanse
aalwurm nie soos sy “eweknie” in Europa
aartappelsof enigeandergewasse, behalwe
grondbone, beskadighet nie.
Nuwe tegnologie het ons in staat gestel
om in 1994 vas te stel dat hierdie Suid-
Afrikaanse “
Ditylenchus destructor
” inder-
daad ‘n heel nuwe spesiewas en is in 1995
as
Ditylenchus africanus
herdoop.
Tot dusver is hierdie aalwurm nog nie in
ander lande geïdentifiseer nie en blyk dit
‘n opregte, Suid-Afrikaanse aalwurm te
wees. Peulaalwurmhet egter baiebeslis die
potensiaal omAfrika en selfs oorsese lande
ook goed te laat bontstaan!
Verspreiding
Peulaalwurm is saadgedraagd wat beteken
dathydeurbesmettesaadwatgeplantword,
oorgedra kan word. Hulle kom dus regoor
diegrondboonproduksiegebied voor.
Simptome van
peulaalwurmbesmetting
Anders as die ander plantparasitiese aal-
wurmspesies, is daar geen bogrondse
simptomesigbaarbypeulaalwurmbesmette
grondbone nie. Grondboonplante wat met
peulaalwurmbesmet is, lykgesondengroen
(
Foto 1
) omdat peulaalwurm hoofsaaklik op
die peule voed en nie juis die wortels van
diegrondboonplant beskadignie.
Die produsent sal daarom eers met oestyd
as hy sy grondbone lig, agterkom dat daar
peulaalwurmbesmetting in sy land teen-
woordig is. Die heel eerste simptome van
peulaalwurmbesmetting kan waargeneem
word by die aanhegtingspunt tussen die
peul en die anker waar die peulaalwurm die
peul binnedring (
Foto 2
).
Soos wat die aalwurm by die aanhegtings-
punt indring, beskadig hy die selle in die
omgewing en veroorsaak dat die aanheg-
tingspunt verswak. Die verswakte aanheg-
tingspunt het tot gevolgdatdiepeuleafbreek
as die grondbone gelig word en dan bly
die afgebreekte peule in die grond agter. In
swaar peulaalwurmbesmette lande kan ‘n
grondboonprodusent 40% tot 60% van sy
oesop só ‘nmanier verloor.
Peule wat met peulaalwurm besmet is,
vertoon dikwels donker are wat oor die
peuloppervlakte strek. Hierdie donker
are word veroorsaak as die peulaalwurm
aan die vaatweefsel voed en sodoende
nekrotiese weefsel teweegbring. As ‘n
mens die besmette peule oopbreek, lyk die
pitte verkrimp of kan die donker are oor die
saadhuidoppervlakteook vertoon (
Foto 3
).
Die saadhuid van so ‘n pit kan maklik
afgevryf word en vertoon ‘n kenmerkende
geel kleur aan die onderkant. Soms veroor-
saak die skade wat die peulaalwurm aan
die dop van die peul aanrig ook dat water
in die peul indring sodat die pitte ontkiem
en sekondêre opslag maak voordat die
produsent kans kryom teoes (
Foto 4
).
Ontkieming van hierdie pitte word boonop
nog aangehelp deurdat die vreetskade
OP PLAASVLAK
Peulaalwurmsimptome /Grondbone /Nematologie
Plaagbeheer
SONIASTEENKAMP,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1:Besmettegrondboonplante toongeenbogrondse simptomenie. Hierdieplante ismet 7000peul-
aalwurms per plant besmet.
2: Die eerste simptome vanpeulaalwurmbesmetting kanbydie aanhegtingspunt vandie anker aan
diepeulwaargeneemword.
3: In vergelykingmet die onbesmette pitte (links), vertoon die peulaalwurmbesmette pitte (regs)
donkerdermet donker are.
4:Doppewat deur peulaalwurmbeskadig is, laatwater deur endie saadbeginontkiemvoordat die
produsent nog kanoes.
1
3
2
4
1...,54,55,56,57,58,59,60,61,62,63 65,66,67,68,69,70,71,72,73,74,...92
Powered by FlippingBook