SA Graan April 2014 - page 71

69
April 2014
LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) gedoen in samewerking
met die Noordwes-Universiteit om die siekte beter te verstaan.
Op die oomblik is daar nog nie bestande kommersiële mielie-
basters geïdentifiseer nie,maar prof Bradley Flett (vandie LNR-IGG)
het al groot verskille tussen basters in kommersiële aanplantings
waargeneem.
Ons is tans op soek na kultivarproewe (wat statisties uitgelê is)
wat bogenoemde simptome toon, om te monitor vir verskille in
weerstand. Omdat mielies die enigste gedokumenteerde gasheer
vanbakterieseblaarstreep iswaarvanonsbewus is, salgewasrotasie
helpom inokulum vanbakterieseblaarstreep laag tehou.
Nog ‘n manier om bakteriese blaarstreep-inokulum te probeer
beperk, is deur sanitasiepraktyke, soos die verwydering of vernieti-
gingvanoesresteenopslagplante.Dit sal die inokulumaandiebegin
vandieplantseisoen verminder.
Die braak en drooglê van landery word ook aanbeveel as moont-
like beheermaatreël. Dit is belangrik om kennis te neem dat geregi-
streerde mielie-swamdoders nie hierdie siekte onder beheer sal
bringnieenduur bespuitingsprogrammedus nieekonomies regver-
digbaar is nie.
Dit is baie belangrik dat die regte siekte-identifikasie gemaak word
alvorens daar op beheermaatreëls besluit word. Ons het al menige
navraag en stories van produsente gekry wat toon dat verkeerde
middelsgespuitwordomdie siekte te keer. Daar is tansgeenmiddel
wat geregistreer is opbakterieseblaarstreepnie.
Kontakbesonderhede
Vir verdere inligting rakende bakteriese blaar-
streep of grysblaarvlek van mielies, kontak vir
dr Belinda Janse van Rensburg of prof Bradley Flett
by 018 299 6100.
1: Erge verbruining enuitdroging vanblare.
2:Geelverkleurde strepewordopdieblaregevorm.
3: Reghoekigeblaarletsels deur grysblaarvlek veroorsaak.
4: Sonbrandskadeopmielieblare.
Foto: Dr RikusKloppers, Pannar
1
3
2
4
1...,61,62,63,64,65,66,67,68,69,70 72,73,74,75,76,77,78,79,80,81,...92
Powered by FlippingBook