SA Graan April 2014 - page 62

April 2014
60
OESKWALITEITGRONDBONE
– sómoet jymaak
E
lkegrondboonprodusent semikpunt isomdiebestekwaliteit
grondboonoes af tehaal aandie einde vandie seisoen. Deur
sekere riglyne te volg, is hierdiemikpuntmaklik bereikbaar.
Hou egter in gedagte dat die grootste bydrae tot die kwaliteit van
die grondboonoes bepaal word deur weerstoestande gedurende
oestyd. Weersomstandighede kan nie beheer word nie, maar daar
kan wel maniere gevind word om rondom probleme te werk soos
dit opduik.
Die belangrikste riglyn vir die bepaling van oesgereedheid van die
grondbone is om te bepaal wat die rypheidspersentasie van die
drag is. Hierdie persentasie word bepaal deur ongeveer tien plante
ewekansig oor die land te trek, al die peultjies van die plante af
te pluk en dan oop te breek om vas te stel of die binnekant van die
peultjies verkleur het.
Hierdieverkleuringaandiebinnekant vandiepeul dui aanof diepeul
volwasse is al dan nie. Daar sal wel verskille in die donkerheid van
die kleur voorkom aangesien die peule op verskillende stadia van
volwassenheid is. Sodra 70% tot 75%peultjies volwassenheid toon,
kanvoortgegaanwordmet dieoesproses.Oesaltydeerstedie lande
wat eerste geplant is, aangesien hul vroeër oesgereed sal wees as
latere aanplantings.
Aangesien laat reëns aanplantings in baie gebiede aangeskuif het,
sal die oesdatums noodgedwonge tot ver inMeimaand gaan draai.
In die gevalle waar daar wel sulke laat aanplantings gemaak is,
moet die volgende in gedagte gehouword: Sodra daar enigsins ryp
met gepaardgaande rypskade op die grondboonplante voorkom,
moet daar dadelik voortgegaanwordmet die oesproses, aangesien
dieafsterwevandieplant kan lei tot grootskaalsepeulverliese. Enige
oes is beter as geenoes.
Die oorskakeling na meganiese oesmetodes is aan die toeneem
aangesien dit baie meer doeltreffend en ekonomies is vir die
hedendaagseprodusent.Weesegteraltydbewusvanwatopdie land
aangaan tydens dieoesproses.Maak seker dat uithalers reggestel is
om te verseker dat onnodigepeulverliesenie voorkomnie.
Wanneer die grondboonplante in windrye gegooi word, is dit be-
langrik om te verseker dat soveel as moontlik sand verwyder word
vanaf die peule om vinnige en egalige winddroging te verseker.
Dit is wenslik om die windrye ten minste een keer om te draai. Dit
hang egter van die produsent af hoeveel keer die windrye gedraai
gaanword.
Peule word gepluk wanneer ‘n vlak van 25% voginhoud bereik is.
Hierdie vlak van voginhoud kan binne twee dae bereik word in
windryeonderoptimale toestande.Wanneerdieoptimalevoginhoud
bereik is, wordwindrye saamgevoeg om sodoende die pluk van die
peul te vergemaklikmet dieplukker.
Net soos indiegeval vanmielies stroop, isdit verkieslikom teoes in
onkruidvrye landerye sodat daar nie teëspoed opgetel word tydens
die uithaal- en plukproses van grondbone nie. Ná die plukproses
wordpeule ingoiingsakke gelos om verder af te droog tot ongeveer
7% voginhoudwaarnadieproduk nadie fabriek vervoerword.
Aangesiendiemoontlikheidvan reëngedurendeoestydgroot is, sal
dit wenslik wees om die gesakte peule na ‘n oop stoor te vervoer
waar daar ‘n goeie lugvloei is om die drogingsproses te bevoordeel
en onwelkome benatting van die sakke te vermy. Daarby is die
onaangename saak van sakkewat voete kryook onder beheer.
Sommige produsente verkies egter steeds die hopies-pak vir die
droging, veral wanneer saad geproduseer word. Die geheim vir
korrekte hopies is dat die hopie nie hoër as 1,2m gepakmoet word
nie.Wanneer diehopiesgeplukword, isditwenslikomdiehopies in
driedele teverdeel, naamlikdieboonstekwart endieonderstekwart
endiemiddelstedeel vandiehopie.
Die kwaliteit van die boonste en onderste gedeelte van die hopie
is gewoonlik swakker as die middelste gedeelte. Probeer om die
middelste hopie-gedeeltes as een vrag te hanteer, terwyl die
onderste en boonste hopie-gedeeltes as een vrag hanteer kan
word. Hierdie ekstrawerk verseker dat daar ‘n vragmet ‘nbaie hoër
kwaliteit gradering sal wees wat beslis sal wys in die rand-en-sent-
waarde vandaardie vrag.
‘n Goeie grondboonoes hang af van goeie bestuur en goeie
beplanning. Korrekte oesdatums bepaal goeie kwaliteit grondbone
wat geld indieprodusent se sak terugsit.
Vir navrae, kontakme LoureineSalomonby
.
OP PLAASVLAK
Grondbone /Oes / Kwaliteit /Oesgereedheid
Bestuurspraktyke
LOUREINE SALOMON,
LNR-Instituut vir Graangewasse
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
‘nGoeiegrondboonoes hang af vangoeiebestuur engoeiebeplanning.
1...,52,53,54,55,56,57,58,59,60,61 63,64,65,66,67,68,69,70,71,72,...92
Powered by FlippingBook