SA Graan April 2014 - page 61

Asdiegrondboonland
skinder…
I
n die middel van die grondboonland
is daar gewoonlik ‘n treffende stilte
wat heers. Dit is net die zoem-geluide
van insekte wat die rus verstoor. Dit
is egter ‘n heel ander storie wanneer ‘n
grondboonplant wortel en tak uit die grond
geplukwordendaar fyn “geluister”wordna
dít wat diegrondboonplant te vertellehet.
Hierdie “biegstories” kan groot geheime
ontsluit en sonder ‘n produsent se mede-
wete ‘n hele verhaal skets. Daar is kere wat
die stories soos ‘n feëverhaal klink en ander
kerewat die storie lelikedraaiemaak.
Die feëverhaal volg gewoonlik die trant van
korrekte plantdieptes wat verkry is deurdat
die saadbedmooi gelykwas. Grondvogwas
ook voldoende tydens ontkieming, om nie
eers te praat van grondtemperature wat
hoog genoeg was nie. En om die kroon te
plaasopdie inleidingvandie storie,wasdie
plantdatum boonop nog binne die ideale
planttydperk.
Verder vervolgdieverhaalmet dievolgende
hoofstuk van goeie plantestand, plantjies
wat sterk en gesond vorder, reën wat
gunstig uitsak op droëlandaanplantings en
onkruidbeheer wat suksesvol was. Só ver-
loop die storie maar sy normale trant deur
die grondboongroeiseisoen. Dit is nou as
alleswel soos ‘n feëverhaal verloop.
Ons almal weet egter dat die lewe nie altyd
maanskyn en rose is nie. So kan dit gebeur
dat die reënwegbly en grondvoorbereiding
agterweë bly. Sodra die reën geval het,
word haastig voorbereidings getref vir
aanplantings en dit is juis hier waar die
grondboonplant met sy “skinderstories”
begin. Menige grondboonplant kan getuig
van oorhaastige saadbedvoorbereidings
of selfs aanplantings direk agter die ploeg
aan. Daar is selfs plantjies wat maar nood-
gedwonge in ‘n geripte ry geplant is. Dit is
tog te verstane as die weer nie wil saam-
speel nie.
Die seisoen verloop soms glad nie volgens
plan nie en as die plantjies net wil blyk
dat hul bleek om die kiewe raak, word die
besluit geneemdat botteltjies “kasterolieen
purgasie” dalk net die regte raadgaanwees
om skop indieplantjies segroei te sit.
Dit is nou net hier waar baie kinders self
kan getuig dat sommige medisyne nie
noodwendig goed is of selfs nodig is nie.
Waar dit plante aangaan is dit mos nie
nodig om stikstof te gee vir ‘n plant wat
juis sy eie stikstof produseer nie. Net die
nodige mikro-elementbespuitings is oor-
genoeg om die nodige uitwerking te hê
op die grondboonopbrengs. Daar moet
onthou word dat onnodige blaargroei die
grondboonopbrengs negatief beïnvloed.
Die vraag moet wees: Word daar voer ge-
plant of grondbonegeproduseer?
Die “ou mense” het altyd ‘n boereraat of
twee gehad vir baie kwale en as die voete
nie wil grond vat nie, word hul maar net
vriendelik verplig om grond te vat...In die
geval van grondboonankers word daar nog
van tyd tot tyd die praktyk toegepas waar
grondboonplante platgerol word sodat die
ankers indiegrond kan kom.
Produsente moet egter bewus wees
daarvan dat hierdie praktyk meer skade
aanrig as goed doen, aangesien ankers
beskadig kanword of selfs afbreek. Takkies
van die plant word afgeskeur en biedby die
beseerde areas toegang vir siektepatogene
omdieplante aan te val.
Onthoudatdie laatankersnooitvolwaardige
peulegaanvormnieaangesiendit tot 90dae
neemvir ‘nvolwassepeul vanaf vorming tot
oesgereedheid.
Spaanse tipe grondbone produseer juis
meer as 60% van hul drag gedurende die
eerste twee blomfases. Gedurende hier-
die fases is die ankers letterlik by die
grondoppervlakte.
Nog ‘n skinderstorie wat grondbone graag
vertel is dié van grondboonblaarsiektes
– veral wanneer die voorkoms van die
siektes misgekyk word en die korrekte
stappe nie geneem is om die siektes
onder beheer te bring nie. Die verhaal het
gewoonlik ‘n slegte einde wanneer die
simptome van die blaarsiektes reeds op
die boonste blare opgemerk word en daar
dan eers opgetree word. Die skade aan
die opbrengs is ongelukkig teen daardie
tydstrip reeds gedoen.
In gevalle waar grondbone ná mielies
aangeplant word en waar onkruiddoders
gebruik iswatnieopgrondbonegeregistreer
is nie, is die grondboonplantjies rats om
die skinderstorie te versprei. Sommer
vroeg in die seisoen sal daar reeds tekens
op die blare voorkom en wys dat daardie
grondbone nie baie gelukkigmet hul voete
indiegrond staannie.
Eienaardig soos diegrondbonemaar is, kan
hullevele stories vertel,maar
dit kandieprodusent net baat
as die storiewat te vertelle is
soos ‘n feëverhaal lees.
LOUREINE SALOMON,
LNR-Instituut vir Graangewasse
59
April 2014
OPPLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Grondbone / Plantdieptes / Plantestand / Plantdatum
1...,51,52,53,54,55,56,57,58,59,60 62,63,64,65,66,67,68,69,70,71,...92
Powered by FlippingBook