SA Graan April 2014 - page 77

LINKSEED
– diebewyse lê indie resultate
N
avorsingsresultate van statistiese
veldproewe asook groter, nader
aan die praktyk strookproewe,
word algemeen gebruik as hulp-
middel om nuwe en huidige mieliebasters
se unieke eienskappe te bemark. Dit dra
grootliks by tot beter en meer ingeligte
besluitneming vir saadverskaffers en pro-
dusente.
Die Landbounavorsingsraad doen reeds
jare lank statistiese kultivarproewe in same-
werking met saadmaatskappye en ander
rolspelers en verskaf jaarliks waardevolle,
onpartydige inligting vir die verskillende
produksiegebiede. Link Seed verwys graag
na enkele resultate vandie 2013-seisoen.
LS 8518
Tweede plek algeheel oor die afgelope
twee en drie seisoene en beste konven-
sionele geelbaster in die westelike
streek.
Derdeplekalgeheeloordieafgelopedrie
seisoeneen tweedebestekonvensionele
geelbaster indiegematigdeooste.
Tweede algeheel oor drie seisoene en
beste konvensionele geelbaster in die
koueoostestreek.
Derde algeheel en beste konvensionele
geelbaster indieKwaZulu-Natal-streek.
Voorwaar ‘n voortreflike geelbastermet uit-
stekendeopbrengsresultateenwyeaanpas-
baarheid.
LS 8524R
Besteglifosaatverdraagsamegeelbaster
in diewestestreek vir kultivarswaarvan
inligtingnet vir een jaar beskikbaar is.
Eerste plek vir kultivars waarvan inlig-
ting net vir een jaar beskikbaar is in die
gematigdeoostestreek.
Beste RR-kultivar vir eenjaarproewe en
derde algeheel in die koue oostestreek
sowel as indieKwaZulu-Natal-streek.
Weer eens ‘n voortreflike geelbaster op-
brengsgewys met wye aanpasbaarheid, uit-
stekende staanvermoëenvinnigeafdroging.
LS 8529
Tweede beste konvensionele witbaster
indieweste-, gematigdeooste- en koue
oostestreek oor twee seisoene.
LS 8529 is ‘n hoë-opbrengspotensiaal, me-
diumgroeiseisoen-baster met uitstekende
staanvermoë en goeie algemene siektever-
draagsaamheid.
LS 8533R
Beste RR-witbaster in al die produksie-
streke vir kultivarswaarvan net een jaar
se inligtingbeskikbaar is.
LS 8533R is reeds ná twee seisoene in die
mark ‘n wenner in die RR-klas met wye
aanpasbaarheid. Resultate uit ons eie
statistiese navorsingsproewe word gebruik
omgereeld nuwe kultivars te evalueer en te
keur vir kommersiële aanwending.
Geelmielies
LS 8536B
Reeds bekend in die ooste vir sy meer-
koppigheid en uitstekende opbrengspoten-
siaal. Ons verwag ook groot belangstelling
in dieweste ná die huidige seisoen. Hierdie
mediumgroeiseisoen-baster droogvinnigaf
en iswyd aanpasbaar.
LS 8532B
‘n Goeie stalmaat vir LS 8536B asmedium-
vinnige Bt-baster met effens vinniger
afdroging engoeie staanvermoë.
LS 8526
‘n Meerkoppige, hoë-opbrengs, medium-
vinnige baster met vinnige afdroging.
Hierdie baster doen uitstekend in die koeler
ooste, maar met wye aanpasbaarheid
verwag ons uitstekende groei en resultate
indieweste.
LS 8528R
Uitstekende aanvulling tot LS 8524R.
Effens vinniger, maar met dieselfde goeie
staanvermoë enmeerkoppigheid. LS 8528R
droog vinnig af en toon goeie algemene
siekteweerstand.
LS 8538R
Vars uit ons navorsingsprogram. Hierdie
baie belowende RR-baster word tans
ingedien vir variëteitslysplasing. LS 8538R
is verwant aandiebaie suksesvolleLS8518,
maar met vinniger afdroging. Baie goeie
meerkoppigheid is ‘n aanwins tesame met
uitstekende staanvermoë-aanpasbaarheid
enbaiegoeie siekteverdraagsaamheid.
LG 3607 Y
Ook vars uit ons navorsingsprogram is
hierdie ultravinnige geelbaster. Uitstekende
opbrengspotensiaal vir sygroeiklas, vinnige
afdroging, staanvermoë en alles wat nodig
is vir aanplant indiebesproeiingsareas.
Witmielies
LS 8539B
Hierdie is ‘n nuwe mediumgroeiseisoen
Bt-baster wat tans uitstekend vertoon in
strookproeweenkommersiëleaanplantings.
Met wye aanpasbaarheid verwag ons groot
belangstelling in al die produksiestreke.
LS 8539B is sterk meerkoppig en het vele
ooreenkomste met die groeiwyse en
opbrengspotensiaal van LS 8533R.
LS 8537
Hierdie medium-lang groeiseisoen-baster
is werklik ‘n vonds as meerdoelige baster.
Uitstekende kuilvoeropbrengste word tans
verkry in Noord KwaZulu-Natal. LS 8537 is
besonder blaarryk met baie goeie graan-
produksie, staan baie goed en toon goeie
siekteweerstand.
LS 8535B
Die Bt-weergawe van LS 8529met dieselfde
goeiegenetieseeienskappe. ‘nKenmerkende
eienskap isdieuitstekende staanvermoë.
LS 8519
Hierdie is ‘noustaatmaker,sterkmeerkoppig
met uitstekendegraanopbrengsteengraan-
kwaliteit. LS 8519 as mediumgroeiseisoen-
baster word aanbeveel in ‘n pakket met
LS 8529 en dien ook as ‘n baie goeie keuse
vir toevlugsareas.
LS 8541BR
Hierdie mediumseisoen stapelgeen-baster
word ook tans ingedien vir plasing op die
variëteitslys. Baie goeie aanpasbaarheid,
staanvermoë en meerkoppigheid is van
die onderskeidende eienskappe waaroor
hierdiebaster beskik.
Met toegewyde, volhoubare navorsing
en toegang tot wêreldklasgenetika, glo
ons hier by Link Seed dat toekomstige na-
vorsingsresultate nog vele meer opwin-
dendenuwe kultivars sal oplewer.
75
April 2014
OPPLAASVLAK
Saad
Produk-inligting
WESSEL PRETORIUS,
Bemarkingsdienste, Link Seed
1...,67,68,69,70,71,72,73,74,75,76 78,79,80,81,82,83,84,85,86,87,...92
Powered by FlippingBook