SA Graan April 2014 - page 80

April 2014
78
Werking van die
Suid-Afrikaanse
Graan enOliesadeVraag enAanbod
Projeksiekomitee
onder die loep
G
esien in die lig van die belangrikheid van voedselsekerheid,
onbestendige graanpryse en onvoldoende inligting aan-
gaande toekomstige voorraadvlakke, het Graan SA en die
Suid-AfrikaanseVerenigingvirGraan-enOliesadehandelaars
(SACOTA) ooreengekom dat daar ‘n spesifieke behoefte vir inligting
met betrekking tot bogenoemdebestaan.
Daar is ‘n behoefte vir ‘n amptelike vraag en aanbod-projeksie vir
graan en oliesadegewasse, naamlikwit- en geelmielies, koring, son-
neblom, sojabone en sorghum.
Bogenoemde behoefte het gelei tot die ontstaan van die Suid-
Afrikaanse Graan en Oliesade Vraag en Aanbod Projeksie Komitee
(V&APK). Die eerste amptelike vraag en aanbod-projeksieverslag is
aan die einde van Junie 2013 gepubliseer. Die Nasionale Landbou
Bemarkingsraad (NLBR) huisves die inisiatief en is verantwoordelik
vir die funksionering vandie komitee.
Agtergrond
Graan SA het in 2011 aansoek gedoen vir die instelling van ‘n
statutêre maatreël vir die rapportering deur graanhandelaars
tydens die sluit van in- en uitvoerkontrakte. Soortgelyke praktyke
word algemeen indieVSAgebruik.
Die aansoek is teengestaan deur SACOTA. Met verdere samespre-
king is ‘nVraagenAanbodProjeksieSkakelingskomitee (V&APSK)op
die been gebring. Die komitee het ten doel gehad om ‘nmiddeweg
tevind sonder statutêre inmenging. Dievolgendevoorstel is ter tafel
gelê: “‘n Onafhanklike komiteemoet op die been gebring word om
vraag en aanbod-projeksies tedoen.”
Die komitee is die Vraag en Aanbod Projeksie Komitee (V&APK)
genoem. Hul primêredoelwit isomop ‘nmaandeliksebasis ‘n vraag
en aanbod-projeksie vangraan enoliesade vir Suid-Afrika tedoen.
Bogenoemde vindplaas deurmiddel van:
Inligting aangaande in- en uitvoer en verbruik wat ingesamel
word deur ‘n beampte van dieNLBR. Die inligtingword verwerk
en op ‘n spesifieke wyse gerapporteer tydens die V&APK-ver-
gaderings, sonder omdie bron van inligting (in hierdie geval die
handelaar) te identifiseer.
Historiese syfers van die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens
(SAGIS) word in berekening gebring en ook geëkstrapoleer
indiennodig.
DieNasionaleOesskattingskomitee (NOK) se inligtingaangaande
die oesskatting word ook in berekening gebring in terme van
aanbod/produksie.
Op grond van bogenoemdemaak die komitee ‘n amptelike pro-
jeksie van graan- en oliesadevoorrade vir ‘n spesifieke bemar-
kingsjaar.
Werking en publikasiedatums
Elke V&APK-vergadering vindmaandelikse plaas; ongeveer drie tot
seswerksdaenádieNOKsevergadering.Hierdievergaderingsword
gehouop ‘n
lock down
beginsel. Tydensdie vergaderingword vraag
en aanbod-projeksies gedoen en ‘n verslag opgestel. Ná aftekening
van die voorsitter, word die verslag op die webwerf van die NLBR
gepubliseer. Die V&APK is by geen magte om enige aanbevelings
aangaande prys te doen nie. Die komitee rapporteer direk aan die
V&APSK.
Diepublikasietydvirdieverslae is tussen12:00en16:00opdieselfde
dag vandie vergadering.
Publikasiedatums vir 2014 is soos volg:
31 Januarie 2014
4Maart 2014
1April 2014
30April 2014
30Mei 2014
1 Julie 2014
1Augustus 2014
2September 2014
3Oktober 2014
31Oktober 2014
28November 2014
Verslae is beskikbaar by
--
publications/publications/supply--demand-estimates.
Mededingendheidskwessies
DieNLBRhet op16Augustus2012 ‘nopinievanaf dieMededingings-
kommissie versoek aangaande die voorneme om die inisiatief in
terme van die Bemarking van Landbou Produkte, Wet 47 van 1996
(dieMAPWet) te implementeer.
Aangaande diewetgewingopdie uitruil van inligting is dit belangrik
dat die Mededingingskommissie ‘n opinie lewer in terme van die
wettigheid van die inisiatief. Die uitslag van die opiniewas gunstig,
maarmet sekere voorwaardes.
Die slotopmerkings van die Mededingingskommissie op 8 Maart
verlede jaar was soos volg:
“The Commission is concerned that
unintended outcomes of the proposed exchange may be price
stability coupled with price increases, due to co-ordination, or
increased price volatility due to increased manipulation of the
market by traders through the exchange. However measures such
as the implementation of a review to check for bias and assuring
the independenceof theS&DECmay lessen the riskofmanipulation.
“In viewof theaboveandhaving regard to the informationexchange
framework already inplacewithin themarket, theCommissiondoes
not anticipate that the proposed exchange is likely to result in a
substantial lesseningof competition.
“Kindly note that this opinion is provided entirely on the basis of
the information provided to the Commission, in order to provide
guidance for compliance with the Act. It is not binding on the
AKTUEEL
CHRISTO JOUBERT,
Nasionale LandbouBemarkingsraad
1...,70,71,72,73,74,75,76,77,78,79 81,82,83,84,85,86,87,88,89,90,...92
Powered by FlippingBook