SA Graan April 2014 - page 74

April 2014
72
Waardevolle inligting vanuit die
2013MVSAGrondvrugbaarheid- en
Plantvoedingsimposium
T
ydens ‘n grondvrugbaarheid- en
plantvoedingsimposium wat die
Misstofvereniging van Suid-Afrika
(MVSA) in Augustus verlede jaar
aangebied het, is metodes bespreek wat
gevolgkanwordomdiebestuur van stikstof
(N) en fosfor (P) ingrond te verbeter.
In hierdie artikel word lesse geneem uit die
grondontledingsmetodes vir fosfor wat in
die mieliegordel van die VSA gebruik word
en die metodes wat vir Suid-Afrikaanse
omstandighede aangepas is.
By die simposium het twee sprekers ver-
skillende aspekte van P-grondontledings en
bemestingsaanbevelings wat onderskeidelik
indieVSAenSuid-Afrikagebruikword,onder
die loep geneem. Mnr Randy Alvey (senior
grondkundige by SGS Noord-Amerika) het
die gebruik van P-grondontledingsmetodes
en Mehlich 3 multi-element ekstraheermid-
del vir gewasse inNoord-Amerika bespreek.
Dr Chris Schmidt (landboukundige bestuur-
der by Sidi Parani Kunsmis) het drempel-
waardesvirBray1enAmbic1ekstraheerbare
grond-P wat vir droëlandmielies in Suid-
Afrikaontwikkel is, bespreek.
Alvey het daarop gewys dat alhoewel fosfor
volop in grond voorkom (2% tot 3% van
die grondprofiel) word P sterk gebind deur
kalsium, aluminium, yster en ander elemente
in die grond. Die totale P-inhoud van grond
kan bepaal word deur die Pmet behulp van
sterksuur op te los, maar dit is geensins ‘n
aanduiding van die hoeveelheid P wat vir
opnamedeurplantebeskikbaar isnie.Daar is
dusgeenbetroubareverband tussen totaleP
indiegrondenoesopbrengsnie.
Slegs ‘n kleingedeeltevandiegrond-P isvir
plante beskikbaar en grondontledings het
tendoel omdieplantbeskikbaregedeelte te
bepaal omdat dit ‘n aanduidinggee vanhoe
plante op die grond sal presteer. Verskeie
ontledingsmetodes is reeds ontwikkel om
die beskikbare grond-P te bepaal. Vir elke
ontledingsmetodeword ‘n responskromme,
oftewel die verband tussen beskikbare
grond-P en oesopbrengs, wat gebaseer
word op die resultate van veldproewe
oor verskeie seisoene, bepaal. ‘n Tipiese
responskromme stel die verband tussen
beskikbare grond-P en oesopbrengs van ‘n
spesifieke gewas grafies voor. ‘n Respons-
kromme wat vir ‘n spesifieke gewas en
ontledingsmetode bepaal is, is nie nood-
wendiggeldig vir allegrondtipes nie.
Dieresponskrommewordverdergebruikom
die ekonomiese optimum vir die beskikbare
grond-P te bepaal. Volgens Alvey is die
ekonomieseoptimumdaardiepuntwaar die
koste om ‘n addisionele kilogram opbrengs
te verkry, gelyk is aan die waarde van
die opbrengsverhoging. Die ekonomiese
optimum staan ook bekend as die drempel-
waarde. By grondontledingswaardes laer
as die drempelwaarde, is die opbrengs
laer as die potensiële opbrengs en is
daar dus opbrengsverliese ter sprake. By
waardes hoër as die drempelwaarde, is die
addisionele toediening van P onekonomies
en dus ‘n onnodige uitgawe. Dit is ook
bekend dat baie hoë grond-P waardes
oesopbrengste kan onderdruk vanweë
interaksies met ander voedingselemente,
soos byvoorbeeld sink.
Volgens Alvey is die Bray 1-metode reeds
in 1945 vir die gronde van die Amerikaanse
Midweste ontwikkel. Daardie gronde was
meestal effens suur tot neutraal met lae
tot matige katioonuitruilvermoëns. Onder
dié omstandighede is bevind dat die
Bray1P-ontleding ‘nbetroubarevoorspeller
van gewasrespons was. Dit is steeds een
van die bekendstemetodes enword ook in
Suid-Afrika algemeengebruik.
By kalkryke, alkaliese gronde (pH-water >
7,2) is bevind dat die hoë kalsiuminhoud
die ekstraksie van beskikbare grond-P
belemmer en dus die beskikbare P onder-
skat. Die Bray 1-metode was daarom nie
geskik vir gebruik op baie gronde in die
meer noordwestelike dele van Amerika nie.
Die Olsen-ekstraheermiddel is toe in 1954
ontwikkel omBray 1 op kalkryke en alkaliese
gronde te vervang. Olsen lewer betroubare
verwantskappe tussen beskikbare grond-P
en opbrengs op kalkryke en alkaliese grond,
maar is minder betroubaar op suurgronde.
Gesamentlik dek Bray 1 en Olsen die volle
spektrumvangronde in termevangrond-pH.
Mehlich 3 is ‘n metode wat ontwikkel is
om verskeie elemente, insluitend fos-
for, gelyktydig te bepaal. Die Mehlich 3
P-ontleding is baie koste-effektief en goeie
resultate word op beide suur en alkaliese
grondedaarmeeverkry.Dit isdiéontledings-
metodewat tansdiealgemeenste inAmerika
gebruikword.
Volgens Alvey vergelykMehlich 3 P so goed
met Bray 1 op neutrale en suurgronde, dat
die waardes nou as uitruilbaar beskou word
in die AmerikaanseMidweste. Daar bestaan
ook ‘n goeie verband tussen Mehlich 3 en
Olsen op alkaliese gronde sodat ‘n goeie
regressielyn ontwikkel kan word. Hy het
egter daarop gewys dat aanpassings vir
plaaslike toestande gemaak moet word en
Mehlich3eers vir Suid-Afrikaanse toestande
gekalibreer moet word voordat dit met
vertrouehier plaaslik toegepas kanword.
Mehlich3kanwelmetsuksesgebruikword in
gevalle waar waardesmet mekaar vergelyk
word, byvoorbeeldbypresisieboerdery.Die
Mehlich-metode het die verdere voordeel
dat ‘n reeks ander elemente ook daarmee
bepaal kanword.
Dr Schmidt is van mening dat die korrekte
manier om ‘n omskakelingsmetodiek van-
af Bray 1 na Mehlich 3 te verkry, tans
oorvereenvoudig word en verskille op
presisiekaarte behoort met groot omsig-
tigheidhanteer teword.
Dr Schmidt het ‘n oorsig gegee van die
navorsingswerk wat in Suid-Afrika gedoen
is en wat gelei het tot die riglyne wat tans
deur die MVSA gebruik word. Volgens
hom het die riglyne min verander sedert
dit die eerste keer in 1974 gepubliseer
is. Die riglyne vir N, P en K vir mielies is
gebaseer op kalibrasieproewe wat oor
baie jare gedoen is. Die grootste voordeel
van die P-riglyne in die huidige vorm is dat
dit maklik is om te gebruik omdat dit in ‘n
enkele tabel vervat is. Die grootste nadeel
isegter dat die riglynenievoorsieningmaak
vir grondverskillenie.
Navorsing wat gedurende die 70’s, 80’s en
90’s inKwaZulu-Natal gedoen is, het getoon
OP PLAASVLAK
Grondvrugbaarheid / Plantvoeding /MVSA / Simposium
Bemesting
ADAMMOSTERT,
hoof uitvoerende beampte,Misstofvereniging van Suid-Afrika
Deel 2: Fosfor
1...,64,65,66,67,68,69,70,71,72,73 75,76,77,78,79,80,81,82,83,84,...92
Powered by FlippingBook